Return to search

Die invloed van 'n mastektomie op die man-vrou verhouding : 'n pastorale ondersoek

Thesis (MTh)--Stellenbosch University, 1993 / ENGLISH ABSTRACT: Seeing that breast cancer is the most common cancer in women and that it has such a high
incidence that every woman should be aware of it, time has come for the theology, and
especially for pastoral care, to provide some answers on the possible problems that
accompany the illness. Treatment of breast cancer almost always include a degree of
surgical intervention through which part of or a whole breast, and in extreme cases even
the underlying tissue, is being removed. This procedure, to some extent, influences a
woman's experience of her physique which in turn has an effect on the intimate space of
her marriage.
The mastectomy patient may experience that the operation, with all the psychological
affects it has, disturbs her inner life rythm and that results in her relationships also being
pressurised. The crisis of a mastectomy should be handled as a relationship crisis within a
marriage, in which the husband can play an important therapeutic role. The husbands
contribution will be greatly effected by: a) His commitment to the relationship and b)
The correlation between his male identity, his sexuality and his perceptions of the female
physique.
Within the crisis of mastectomy, the woman's body-image should not be separated from
her faith identity and the quality of her marriage - there exists a dynamic interaction
between these three, which means that the handling of the crisis of a mastectomy is
directly dependent on the quality if her loving relationship and on the way in which she
experiences her faith. The faith factor plays an important role in the handling of the
crisis, by creating a distance between the trauma of the loss and the way in which she
experiences her identity.
Pastoral care can play a vital role in the handling of the crisis of a mastectomy by means
of guidance and support, as it proclaims the active presence of God through the marrid
body of Jesus Christ. The husband of the mastectomy patient can, in his therapeutic role,
be guided to be much more sensitive for the emotional needs of his wife, in regard to
aspect of sexuality. This would give her the support she needs and work constructively
towards the goal of healing. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Aangesien borskanker die algemeenste kanker onder vroue is en dit sulke geweldige
afmetings aangeneem het dat elke vrou daarmee moet rekening hou, het dit tyd geword dat
die teologie, en met name die pastoraat, ditself ook ten opsigte van die moontlike
problematiek wat daarmee saamgaan, moet verantwoord. Die behandeling van borskanker
behels in die meerderheid van gevalle 'n mate van chirurgiese ingrepe waardeur 'n deel
van of die hele bors, en in ekstreme gevalle ook die onderliggende weefsel, verwyder
word. Hierdie prosedure oefen, in 'n mindere of meerdere mate, 'n invloed op die vrou
se belewing van haar liggaamlikheid uit wat weer na die intieme band van die huwelik kan
deurwerk.
Die mastektomiepasiƫnt kan ervaar dat die operasie, met al die sielkundige effekte wat dit
inhou, haar innerlike lewensritme versteur sodat die verhoudinge waarin sy leef ook onder
druk geplaas word. Binne die huwelik sou 'n mens dan die krisis van 'n mastektomie as
'n verhoudingskrisis moet hanteer, waarin die eggenoot 'n belangrike terapeutiese funksie
kan vervul. Die man se bydrae word egter deurslaggewend bepaal deur: a) Sy
verbintenis aan die verhouding en b) Die korrelasie tussen sy manlike identiteit,
seksualiteit en die persepsies met betrekking tot die liggaamlikheid van die vrou.
Binne die krisis van 'n mastektomie kan die vrou se liggaamsbeeld nie van haar
geloofsidentiteit en die kwaliteit van haar huwelik losgemaak word nie - hierdie drie staan
in 'n interdinamiese verband en beteken dat die verwerking van die krisis van 'n
mastektomie direk van die kwaliteit van die liefdesverhouding en die ervaring van geloof,
afhang. In die verwerking van die krisis vervul die geloofsfaktor 'n deurslaggewende rol
om afstand tussen die emosionele trauma van die verlies en die ervaring van identiteit te
skep.
Die pastoraat kan 'n belangrike funksie vervul ten opsigte van begeleiding en
ondersteuning in die verwerking van die krisis van 'n mastektomie deurdat dit God se
aktiewe betrokkenheid by die situasie, aan die hand van die liggaamlikheid van Jesus
Christus, verkondig. As terapeut kan die eggenoot begelei word om, op die gebied van
die seksuele, baie sterker op die emosionele behoeftes van die mastektomiepasiƫnt ingestel te wees, om haar sodoende te ondersteun en in die proses van heling mee te werk.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/19405
Date09 1900
CreatorsGrobbelaar, Frederik Russouw
ContributorsLouw, Daniel J., Stellenbosch University. Faculty of Theology. Dept. of Practical Theology and Missiology
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format84, [21] leaves
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0025 seconds