Return to search

Huweliksverryking vir plaaswerkers

Thesis (M Social Work)--Stellenbosch University, 2008. / ENGLISH ABSTRACT: Marriage enrichment was developed to equip couples with the necessary skills and
knowledge to help them achieve a happy marriage. It is successful with respect to
the improvement of the marriage relationship and the encouragement of marital
satisfaction. The marriage enrichment programmes that were developed up till now,
were developed for the use of residents of First World countries. The goal of this
study was to identify farm workers’ experience of marriage and their needs with
respect to marriage, in order to make recommendations with regard to elements that
could be included in a marriage enrichment programme for farm workers.
A qualitative research design was used, as semi-structured interviews with the help
of an interview schedule were conducted with thirteen farm workers who live and
work on two farms in different geographical areas around Stellenbosch. Information
was gathered by separately interviewing marriage partners, in order to ensure that
conversations were not influenced by the presence of the marriage partner.
Participants not only consisted of legally married couples, but also couples who were
involved in a long-term relationship.
The literature study focused on the circumstances of farm workers in the Western
Cape. It also focused on theories underpinning current marriage enrichment
programmes, and discussed and described the content of selected current marriage
enrichment programmes. General challenges facing couples and which are typically
included in marriage enrichment programmes were also discussed.
Three themes emerged during findings and conclusions of the study. These include
various sub-themes arising from the alcohol abuse of farm workers, and distinctive
qualities of happy and unhappy couples. Recommendations were made with regard
to these themes, while the theories on which current marriage enrichment
programmes were based, as well as its exercises and elements were kept in mind. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Huweliksverryking is ontwikkel om egpare met die nodige kennis en vaardighede toe
te rus ter bereiking van ‘n gelukkige huwelik. Dit is doeltreffend ten opsigte van die
verbetering van die huweliksverhouding en die bevordering van
huwelikstevredenheid. Die huweliksverrykings-programme wat egter wel ontwikkel
is, is vir die gebruik van inwoners van Eerste Wêreld-lande ontwikkel. Die doel van
hierdie studie was om plaaswerkers se ervaring van die huwelik en hul behoeftes ten
opsigte van die huwelik te identifiseer, sodat aanbevelings gemaak kan word ten
opsigte van elemente wat ingesluit kan word in ‘n huweliksverrykingsprogram vir
plaaswerkers.
‘n Kwalitatiewe navorsingsontwerp is benut, aangesien semi-geskeduleerde
onderhoude aan die hand van ‘n onderhoudskedule gevoer is met dertien
plaaswerkers wat woon en werk op twee plase in verskillende geografiese areas
buite Stellenbosch. Onderhoude met huweliksmaats het apart van mekaar
plaasgevind, om te verseker dat gesprekke nie deur die teenwoordigheid van die
huweliksmaat beïnvloed kon word nie. Deelnemers het nie net bestaan uit wettiglik
getroude egpare nie, maar ook paartjies wat in ‘n langtermynverhouding betrokke is.
Die literatuurstudie het gefokus op die omstandighede van Wes-Kaapse
plaaswerkers. Dit het ook gefokus op teorieë waarop bestaande
huweliksverrykingsprogramme gebaseer is, en het verskeie geselekteerde
bestaande huweliksverrykingsprogramme se inhoud bepaal en omskryf. Algemene
uitdagings waarmee egpare te doen kry, en wat tipies in
huweliksverrykingsprogramme bespreek word, is ook bespreek.
Tydens bevindinge en gevolgtrekkings van die studie het drie temas na vore gekom.
Dit sluit in verskeie sub-temas ten opsigte van alkoholmisbruik tussen plaaswerkers
en die onderskeie eienskappe van gelukkige en ongelukkige egpare. Die
aanbevelings is ten opsigte van hierdie temas gemaak, met inagneming van
bestaande huweliksverrykingsprogramme se elemente, oefeninge en die teorieë
waarop dit gebaseer is.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/20867
Date03 1900
CreatorsViljoen, Coralie
ContributorsGreen, Sulina, Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Social Work.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format163 leaves
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0026 seconds