Return to search

Kooperatiewe wynkelders in Suid-Afrika

Thesis (MSc(Agric)) -- Stellenbosch University, 1966. / INLEIDING: Die ontstaan van kooperasiewese kan teruggevoer word na die jaar 1844 toe 28 wewers van Rochdale in Engeland 'n suksesvolle koöperatiewe verbruikswinkel geloods het. Die sogenaamde Rochdale-pioniers word veral onthou vanweë die feit dat hulle die beginsels van koöperasiewese duidelik geformuleer het. In Suid-Afrika speel landboukoöperasie vandag 'n belangrike rol in die bemarking van landbouprodukte, die verskaffing van boerderybenodighede en die lewering van dienste aan boere. Koöperasies is, veral in die beginjare, meesal
gestig met die doel om gebreke in die bemarking en verwerking van landbouprodukte te oorbrug. In Suid-Afrika het koöperasiewese ontwikkel sedert die twintigste eeu toe 'n Ier, Mnr. P.J. Hannon na die land gebring is om te dien as
superintendent van landboukoöperasies. Vandaar het dit ontwikkel tot feitlik al die sektore van die landboubedryf in
Suid-Afrika.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/49331
Date12 1900
CreatorsBotha, T. C.
ContributorsMorkel, P. R., Dempsey, W. C., Stellenbosch University. Faculty of AgriSciences. Dept. of Viticulture & Oenology & Institute for Wine Bioteechnology.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Formatvii, 132 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0024 seconds