Return to search

'n Ondersoek na die aard, omvang en beheer van voëlskade by druiwe van verskillende wyndruifkultivars in die streek Stellenbosch-Simonsberg

Thesis (MSc)--Stellenbosch University, 1981. / ENGLISH ABSTRACT: No abstract available / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die aard, omvang en beheer van voelskade by wyndruiwe is ondersoek
in die streek Stellenbosch - Simonsberg. Die Mossie (Passer
melanurus, Willer) en die Europese spreeu (Sturnus vulgaris, Linnaeus)
veroorsaak die meeste voelskade aan.wyndruiwe in die streek.
Die kultivars gebruik in die ondersoek Was Chenin blanc, Pint noir,
Riesling, Cinsaut, Clairette blanche en Cabernet Sauvignon. Die
laagste suiker- en tic.ogsbasuurgehaltes waarby voelskade voorgehom
het was onderskeidelik 11,2° Balling en 25,9g per l,- terwyl vreetskade
by gemiddelde 12,4°. Balling en 19,1 g per l totale suur begin
het. Die belangrikste enkele faktor wat t rol gespeel het by beskadiging
was die suikerkonsentrasie. Die patroon van vreetskade
oor t wingerdry is bepaal en het getoon dat die eerste 30 stokke
aan weerskante van die wingerd die meeste beskadig word. 'n Metode
is vasgestel cm die hoeveelheid skade aangerig te bepaal met behulp
van tellings van beskadigde korrels in verteenwoordigende
wingerdrye. Die skade in die streek is op 2,5% van die totale
opbrengs per hektaar bepaal. Die bespuiting van wingerdblokke
en alternatiewe buffer-kantrye met die afskrikmiddel metiokarb (Mesurol)
teen 'n konsentrasie van 0,1% or genoemde kultivars, asook
Muskadel, het onvoldoende beheer gebied. Bespuitings teen hoer
konsentrasies word aanbeveel.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/49606
Date12 1900
CreatorsLe Riche, E.
ContributorsOrffer, C. J., Giliomee, J. H., Stellenbosch University. Faculty of AgriSciences. Dept. of Viticulture and Oenology. Institute for Wine Biotechnology.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format119 pages : illustrations
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0027 seconds