Thesis (MScEng)--University of Stellenbosch, 2004. / ENGLISH ABSTRACT: The high pace of technological advancement enables the realisation of ever more advanced
mobile communications standards with more functionality than simple voice
communications. The hardware that is used to implement the radio sections of these
systems generally require long design cycles, much longer than the design cycles of
the other components of a communications system. Another problem is that, once new
communications standards are introduced, the current hardware platforms used in the
terminal equipment becomes obsolete because they can generally not be used with the
new standards. This has serious cost implications for both the service provider and the
consumer, because both parties have to acquire new equipment to be able to use the
new standards.
An elegant solution to the above issues is to use software-defined radio sections to
replace the hardware radio components. New communications standards can then be
supported by simply loading new software onto the equipment, provided the maximum
processing capacity of the processor(s) that the software runs on can accommodate
the bandwidth requirements of that specific standard.
This thesis investigates the ideas behind software defined radio and also describes
the design and implementation of a software architecture that can be used to implement
software defined radios on general-purpose platforms such as personal computers. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die hoë tempo van tegnologiese vordering maak dit moontlik om baie gevorderde
mobiele kommunikasie standaarde te implementeer wat meer funksionaliteit bied as
blote spraakkommunikasie. Die hardeware wat gebruik word om die radios van
sulke stelsels te implementeer neem gewoonlik langer om te ontwikkel as die ander
komponente van die stelsels. Die ander probleem is dat hierdie hardeware gewoonlik
nie hergebruik kan word wanneer nuwe kommunikasie standaarde in gebruik geneem
word nie omdat die standaarde nie versoenbaar is nie. Dit het tot gevolg dat beide
die verbruiker en die diensverskaffer groot bedrae geld moet spandeer om die nuwe
tegnologie te kan gebruik.
'n Elegante oplossing vir hierdie probleme is om gebruik te maak van radios waarvan
die funksionaliteit in sagteware gedefiniëer word. Nuwe kommunikasie standaarde
kan dan gebruik word deur slegs die nodige sagteware op die toerusting te laai, solank
die verwerkingskapasiteit van die mikroverwerkers in die stelsel die benodigde bandwydte
kan akkommodeer.
Hierdie tesis ondersoek die konsepte van sagteware-gedefiniëerde radio en beskryf
die ontwerp en implementering van 'n sagteware argitektuur vir die implementering
van sagteware-gedefiniëerde radios op veeldoelige platforms soos persoonlike rekenaars.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/50095 |
Date | 12 1900 |
Creators | Cronje, Johannes Jacobus |
Contributors | Van Rooyen, G-J., Lourens, J. G., Stellenbosch University. Faculty of Engineering. Dept. of Electrical and Electronic Engineering. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | en_ZA |
Detected Language | English |
Type | Thesis |
Format | 114 p. : ill. |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.002 seconds