Thesis (MPhil)--University of Stellenbosch, 2004. / ENGLISH ABSTRACT: Crime reporting creates a set of unique challenges within journalism in general.
Generally inexperienced journalists are assigned to the crime beat in South African
newsrooms. A lack of knowledge and absence of codes of ethical conduct create a reality
wherein crime reporting more than often causes more harm than good.
Within the existing media ethical debate, ethical reflections about responsible crime
reporting will go a long way to stimulate thought on responsible crime reporting and help
to formulate guidelines for ethical crime reporting in the future.
In this project the debate on responsible crime reporting starts by illuminating where
crime-reporting slots into the traditional philosophical ethical debate before a distinction
is made between law and ethics. The way laws influence ethical crime reporting - if at all
- is analysed.
The crime reporter's relationship towards his employer, his community, the state and
victims of crime creates a complex maze of responsibilities. After analysing these
complex relationships, existing codes of conduct and the unique challenges within the
South African context are evaluated.
A set of case studies creates the opportunity to list factors needed to be taken into
account, before proposing guidelines that will create a positive atmosphere for pro / AFRIKAANSE OPSOMMING: Midsdaadverslaggewing stel unieke uitdagings aan verslaggewers. Onervare joernaliste
word in Suid-Afrikaanse nuuskantore met die misdaad-rondte opgesaal. Uit onkunde en
weens 'n algemene gebrek aan etiese riglyne word misdaadverslaggewing dikwels op só
'n manier bedryf dat dit eerder skade as goed berokken.
Binne die breër media-etiese debat kan 'n etiese besinning oor misdaadverslaggewing 'n
bydrae lewer tot nadenke oor verantwoordelike misdaadverslaggewing, sowel as tot die
ontwikkeling van riglyne wat verantwoordelike misdaadverslaggewing vir die toekoms
kan kweek.
Die debat oor verantwoordelike misdaadverslaggewing begin in dié werkstuk deur
misdaadverslaggewing te beskou binne die tradisionele filosofiese debat oor etiek.
Daarna word gekyk na die verband tussen wette en etiek en watter- indien enigeinvloed
wette op verantwoordelike misdaadverslaggewing het.
Die misdaadverslaggewer se verhouding tot sy werkgewer, sy gemeenskap, die staat en
slagoffers van misdaad plaas hom in 'n komplekse posisie wat betref sy
verantwoordelikhede. Nadat hierdie verantwoordelikheidsvelde uitgespel is, word gekyk
na bestaande riglyne en die unieke komplikasies in Suid-Afrika op soek na riglyne vir
verantwoordelike misdaadverslaggewing. Nadat enkele gevallestudies ontleed is, word voorstelle gedoen oor die faktore wat in ag
geneem behoort te word ten opsigte van verantwoordelike misdaadverslaggewing. Dit
bring die werkstuk tot uiteindelike voorstelle oor hoe 'n gunstige milieu in Suid-
Afrikaanse nuuskantore geskep kan word vir die kweek van verantwoordelike
misdaadverslaggewing.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/50222 |
Date | 04 1900 |
Creators | Van Niekerk, Petrus, Van Niekerk, Piet |
Contributors | Wasserman, Herman, Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Journalism. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | af_ZA |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | 90 p. |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0027 seconds