Return to search

Emosionele intelligensie en die impak daarvan op beroepsbesluitneming : 'n literatuurstudie

Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2005. / ENGLISH ABSTRACT: This literature study presents a comprehensive overview of Emotional Intelligence,
with an in depth discussion of the important role of emotions in Career Decisionmaking.
The essentiality of such a study is identified from individuals' incapacity to
make successful, gratifying and sustainable career decisions. Considering the novelty
of the concept of Emotional Intelligence in the South African context, this literature
study serves as an exploration of this unknown field of emotional functioning In
career decision-making, before any further empirical research is undertaken.
The first part of the literature study intends to define and explain the concepts of
emotions, intelligence and Emotional Intelligence. In the second part of the literature
study the focus shifts to the important role of Emotional Intelligence in Career
Decision-making. In view of the absence of a theoretical basis for the role of emotions
in Career Decision-making, Emotional Intelligence is recommended as a theory to fill
this gap. Accordingly, a complete test battery is presented which could be utilised in
an Emotional-intelligent Career Decision-making Process.
This literature study concludes that the process of Career Decision-making could well
present a new focus area. In a period of increasing career-instability and -change,
which we are currently experiencing, emotions could be used optimally in the Career
Decision-making process. Eventually Emotional Intelligence will become a critical
skill in adapting to a rapidly changing career landscape. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie literatuurstudie bevat 'n omvattende oorsig oor Emosionele Intelligensie, met
'n indiepte bespreking van die belangrike rol van emosies in Beroepsbesluitneming.
Die noodsaaklikheid van so 'n studie is geïdentifiseer vanuit individue se onvermoë
om suksesvolle, bevredigende en volhoubare beroepsbesluite te neem. Aangesien die
konsep van Emosionele Intelligensie nog betreklik nuut is in die Suid-Afrikaanse
konteks, dien hierdie literatuurstudie as verkenning van die onbekende veld van
emosionele funksionering in beroepsbesluitneming, voordat verdere empiriese
navorsing onderneem word.
Die eerste deel van die literatuurstudie het ten doelom die konsepte van emosies,
intelligensie en Emosionele Intelligensie te definieer en te verduidelik. Die fokus
verskuif in die tweede gedeelte van die literatuurstudie na die belangrike rol van
Emosionele Intelligensie in Beroepsbesluitneming. Aangesien 'n teoretiese grondslag
vir die rol van emosies in Beroepsbesluitneming tot hede afwesig was, word
Emosionele Intelligensie voorgestel as teorie om hierdie leemte te vul. Na aanleiding
daarvan word 'n volledige toetsbattery voorgestel wat gebruik kan word in 'n
Emosioneel-intelligente Beroepsbesluitnemingsproses.
Die gevolgtrekking van hierdie literatuurstudie is dat daar met nuwe oë na die proses
van Beroepsbesluitneming gekyk kan word. Tans heers 'n periode van toenemende
beroepsontstabiliteit en -verandering, waar emosies optimaal aangewend kan word in
die proses van Beroepsbesluitneming. Emosionele Intelligensie sal uiteindelik as 'n
kritiese vaardigheid aangewend kan word om aan te pas by 'n vinnig-veranderende
beroepslandskap .

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/50337
Date04 1900
CreatorsWood, Amanda
ContributorsMeyer, J. C., Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Psychology.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 v. (various foliations) : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0027 seconds