Return to search

n Handleiding tot die didaktiek van sangonderrig met spesifieke verwysing na onderrig van die registeroorgange van die manstem

Thesis (MMus) -- University of Stellenbosch, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: In preparation for the basic teaching in the instruction of the male singing voice, it is essential
that the singing teacher becomes thoroughly familiar with the general pedagogical
requirements of vocal training. Each of the sections in chapter 1 represents a wide-ranging
study by itself but it will be presented in summarized form here.
Chapter 2 focus chiefly on basic beginners' instruction which is indispensable for the
establishment of a sound singing technique. The teaching principles of beginners' instruction
which are set out in this chapter, are based on tested methods recognized internationally by
various famous teachers. These teaching methods, together with literary research on this
subject, have been condensed empirically over thirty years, into a system of teaching by the
writer.
The major focus of chapter 3 is on the physiology of the adolescent boy's changing voice.
When adolescence sets in, from the age 13 - 15, enormous changes take place in the
anatomical-physiological structure of a boy's larynx. These far-reaching changes are brought
about by the influence of the sex hormones and consist of complex physical as well as
psychological growth stages through which the young boy has to develop. Knowledge of the
different stages in voice changes and their individual characteristics of sound are important
requirements for voice classification which takes place during the formative training.
Chapter 4 focuses on the problematic nature of the transition of the register of the male voice.
To prepare for the teaching process of this transition (of the male voice), the teacher should
be well-qualified to be able to identify the classification of the registers of the different male
voice-types. In addition, he should be totally familiar with the ideal sound typical of the
upper registers which would be required from a professional singer on the international stage.
"The head register in the male singing voice is often one of the most difficult vocal
adjustments to acquire and to maintain ... A well developed operatic head register, 'Vollton
der Kopfstimme', is the hall-mark [ ... ] of all well-trained male singers" (Miller 1982: 120).
The actualisation of this ideal sound which comes about through copertura-schooling of
sound in the upper register is the focal point of this study. Therefore this chapter focuses specially on the ideal sound of the full voice in the upper register versus a cultivated falsetto
sound in the upper register.
Chapter 5 addresses the implementation of a didactical system by famous singers and singing
teachers. Therefore in chapter 5 the focus is placed on the technical training of the secondo
passagio by presenting technical exercise and the practical application of the standard vocal
repertoire of the male voice. Due to length restrictions of this dissertation, there will be
reference only to some technical exercise and examples of repertoire. / AFRIKAANSE OPSOMMING: As voorbereiding tot die didaktiese beginsels in sangonderrig van die manstem is dit
noodsaaklik dat die sangonderwyser volkome vertroud sal wees met die algemene
pedagogiese voorvereistes vir die onderrig van sang. Elkeen van die afdelings in hoofstuk 1
regverdig eintlik 'n omvattende studie in sigself, maar hier word dit samevattend aangebied.
Hoofstuk 2 fokus hoofsaaklik op goeie aanvangsonderrig wat onontbeerlik is vir die vestiging
van 'n goeie sangtegniek. Samevattend word op die noodsaaklike basiese beginsels van
aanvangsonderrig gekonsentreer. Die didaktiese beginsels van aanvangsonderrig wat vanaf
hierdie hoofstuk uiteengesit word, is gebaseer op beproefde metodes wat internasionaal deur
verskeie beroemde leermeesters erken word. Hierdie onderrigmetodes, tesame met die
nagevorsde vakliteratuur, is oor 'n tydperk van dertig jaar op empiriese wyse deur die skrywer
gekondenseer tot 'n sisteem van onderrig.
Die kemfokus van hoofstuk 3 is op die stemfisiologie van die adolessente seun. Wanneer
adolessensie vanaf die ouderdom van dertien tot vyftien jaar by die seun intree, vind daar
groot veranderinge in die anatomies-fisiologiese struktuur van die seun se larinks plaas.
Hierdie ingrypende veranderinge word teweeg gebring deur die invloed van die
geslagshormone en behels fisiek sowel as psigies 'n komplekse groeifase waardeur die jong
seun moet ontwikkel. Dit is belangrik dat die pedagoog deeglik vertroud sal wees met hierdie
komplekse groeiproses. Kennis van die verskillende stemmutasiestadiums en die individuele
klankkarakters daarvan is 'n belangrike voorvereiste vir die stemklassifisering wat by
aanvangsonderrig plaasvind.
In hoofstuk 4 val die soeklig op die problematiek van registeroorgange by die manstem. As
voorbereiding tot die onderrigproses van die registeroorgange van die manstem moet die
pedagoog onderleg wees in die klassifisering van die registers van die verskillende
manstemtipes. Ook moet hy ten volle vertroud wees met die tipiese klankideaal van die
hoëregister wat van 'n professionele sanger op die internasionale verhoog verwag word. "The
head register in the male singing voice is often one of the most difficult vocal adjustments to
acquire and to maintain . . . A well developed operatic head register, 'Vollton der
Kopfstimme', is the hall-mark [ ... ] of all well-trained male singers" (Miller 1982: 120). Die verwesenliking van hierdie klankideaal wat deur copertura-klankgebruik in die hoëregister
tot stand kom, is die kemfokus van hierdie studie. Hierdie hoofstuk konsentreer dus sterk op
die klankideaal van volstem in die hoëregister versus 'n gekultiveerde falsetklank in die
hoëre gister.
Vir die verkryging van 'n stabiele hoëregister deur middel van die copertura-tegniek word in
hoofstuk 5 betoog vir die toepassing van 'n didaktiese sisteem wat gebaseer is op
onderrigmetodes wat beproef is deur beroemde sangers en sangpedagoë. In hoofstuk 5 is dus
gekonsentreer op die tegniese skoling van die secondo passaggio deur middel van tegniese
oefeninge en die praktiese toepassing daarvan op die standaard sangrepertorium van die
manstem. Weens lengtebeperking by hierdie skripsie word daar net na enkele tegniese
oefeninge en repertoriumvoorbeelde verwys.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/51843
Date January 2000
CreatorsVan Heerden, Petrus
ContributorsFick, A., University of Stellenbosch. Faculty of Arts & Social Sciences . Dept. of Music.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0063 seconds