Return to search

'n Ondersoek na die persoonlikheidstipes van 'n groep jeugleiers

Thesis (MEd)--Stellenbosch University, 2000. / ENGLISH ABSTRACT: In South Africa effective leadership is an important priority in all walks of life. With the
implementation of Curriculum 2005, greater emphasis is placed on the development of
leadership skills to prepare learners for leadership demands in adult life. In order to do this one
must firstly create leadership opportunities. Secondly it is important to convey the knowledge
and skills necessary for the optimum fulfillment of their roles as leaders. Personality types and
preferences as well as the strengths and weaknesses of the leader and other group members can
be utilized to enhance teamwork and improve leadership.
The empirical investigation comprised the determination of the personality types of the
research group as well as leadership positions held by them during their school careers, and the
leadership skills perceived as important by them.
Fifty youth leaders, representative of head boys and head girls in former model C schools, who
attended the conference for youth leaders annually hosted by Die Burger, were used as the
investigation group. For the purpose of this research the Myers-Briggs Type Indicator
(MBTI®), Form G, was used. The MBTI® is based on Carl Jung's theory of personality types.
The most important findings of the study are that trends exist in the personality types that were
reported by the youth leaders. The dominant personality type preference of the youth leaders
was ESTJ. This shows a preference for extroversion (E), sensing (S), thinking (T) and judging
(J). Good interpersonal relationships, listening skills and high moral values were identified as
the most important characteristics for effective leadership.
The implications for leadership development, emanating from the knowledge of the
personality types and preferences of the youth leaders, are discussed. / AFRIKAANSE OPSOMMING: In Suid-Afrika is effektiewe leierskap op alle vlakke van die samelewing 'n belangrike
prioriteit. Ook in die opvoedingsituasie word daar met die implementering van Kurrikulum
2005 groter klem geplaas op die ontwikkeling van leierskapsvaardighede om leerders voor te
berei vir leierskapseise wat in hulle volwasse leeftyd gestel gaan word. Om dit te kan doen
moet daar in die eerste plek geleenthede geskep word waartydens die leerders leierskap kan
beoefen en tweedens is dit belangrik dat kennis en vaardighede wat die leerder kan help om sy
rol as leier so suksesvol moontlik te vervul, aan hom oorgedra word. Kennis oor die leier en
ander groeplede se persoonlikheidstipes en voorkeure asook elkeen se sterkpunte en leemtes
kan suksesvol benut word om groepsamewerking te verbeter en sodoende suksesvolle leierskap
te bevorder.
Die empiriese gedeelte van die ondersoek het die vasstelling van die ondersoekgroep se
persoonlikheidstipes, die leierskapsposisies wat deur hulle beklee is gedurende hulle
skoolloopbaan asook die leierskapseienskappe wat deur die betrokke leerders as belangrik geag
is, behels.
'n Ondersoekgroep van 50 jeugleiers, bestaande uit 'n seleksie van hoofseuns en -meisies in
die vorige Model C skole wat Die Burger se jaarlikse jeugleierskonferensie bygewoon het,
word by hierdie navorsing betrek. Vir die doel van hierdie ondersoek word gebruik gemaak
van die Myers-Briggs Type Indicator (MBTI®), vorm G. Die MBTI® is gebaseer op Carl Jung
se persoonlikheidsteorie.
Die belangrikste bevindinge van die ondersoek is dat daar tendense bestaan in die
persoonlikheidstipes wat meer algemeen by jeugleiers voorkom. Die oorwegende
persoonlikheidstipevoorkeur wat by die jeugleiers voorgekom het, was ESTJ. Dit dui 'n
voorkeur vir ekstroversie(E); sintuiglike waarneming (S); denke (T) en beoordeling (J) aan.
Goeie luistervaardighede en hoë morele waardes is as die belangrikste eienskappe vir
effektiewe leierskap geïdentifiseer.
Die implikasies vir die leierskapsontwikkeling van leerders wat voortspruit uit die kennis van
leiers se persoonlikheidstipe en -voorkeure, word bespreek.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/51852
Date12 1900
CreatorsMaré, Carina
ContributorsVan Heerden, A. E., Stellenbosch University. Faculty of Education. Dept. of Educational Psychology.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format130 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0028 seconds