Return to search

Tactical sugarcane harvest scheduling

Thesis (PhD (Logistics))--University of Stellenbosch, 2010. / ENGLISH ABSTRACT: Computerised sugarcane harvest scheduling decision support is an active fi eld of research which
ties in closely with the broader problem of automating and streamlining the various activities
in the sugar supply chain. In this dissertation, the problem of providing decision support with
respect to sugarcane harvesting decisions is defined within a number of contexts, each representing
a typical kind of organisation of sugarcane farmers into a cohesive decision making unit with
its speci fic requirements and limitations that exist in practice. A number of variations relevant
to these contexts of an overarching tactical sugarcane harvest scheduling problem (THSP) are
considered and solved in this dissertation. The THSP is the problem of providing objective,
responsible decision support to persons charged with the task of determining optimal harvesting
dates for a set of sugarcane fields across an entire season.
Sugarcane fields typically diff er in terms of the age, variety, life-cycle stage and in many other
properties of the cane grown on them. The growth of sugarcane crops may also be a ffected
by environmental conditions such as accidental fires, frosts or storms which have a detrimental
e ffect on crop-value. Since sugarcane is a living organism, its properties change over time,
an so does the potential pro t associated with it. The practicalities of farming cause further
complication of the problem (for example, seasonal changes alter the conditions under which
the crop is harvested and transported). The rainy season carries with it the added cost of
disallowing long-range vehicles to drive into the fields, forcing the unloading and reloading of
cane at so-called loading zones. Other considerations, such as the early ploughing out of fields to
allow them to fallow before being replanted, compounds the THSP into a multi-faceted difficult
problem requiring efficient data management, mathematical modelling expertise and efficient
computational work.
In the literature the THSP has been viewed from many different standpoints and within many
contexts, and a variety of operations research methodologies have been employed in solving
the problem in part. There is, however, no description in the literature of a solution to the
THSP that takes the negative e ffects of extreme environmental conditions on the quality of
a harvesting schedule into account in a scienti fically justifi able manner; most models in the
literature are based on optimising sucrose yield alone under normal conditions, rendering weak
schedules in practice. The scope of the modelling and solution methodologies employed in this
dissertation towards solving the THSP is restricted to integer programming formulations and
approximate solution methods. The parameters associated with these models were determined
empirically using historical data, as well as previous work on deterioration of sugarcane following
environmental and other events.
The THSP is solved in this dissertation by designing a generic architecture for a conceptual
decision support system (DSS) for the THSP in the various contexts referred to above, which
is capable of accommodating the e ects of extra-ordinary environmental conditions, as well as
the introduction of a computer-implemented version of a real DSS for the THSP conforming to the framework of this generic architecture. The DSS building blocks include prediction
models for sugarcane yield, sugarcane recoverable value under normal circumstances, the costs
associated with a harvesting schedule and the negative e ects on sugarcane recoverable value of
extraordinary environmental conditions. The working of the DSS is based on a combinatorial
optimisation model resembling the well-known asymmetric traveling salesman problem with
time-dependent costs which is solved approximately by means of an attribute-based tabu search
in which both local and global moves have been incorporated. The DSS is also validated by
experienced sugarcane industry experts in terms of the practicality and quality of the schedules
that it produces. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Gerekenariseerde besluitsteun vir die skedulering van suikerriet-oeste is 'n aktiewe navorsingsveld
wat nou verwant is aan die bre ër probleem van die outomatisering en vaartbelyning van 'n
verskeidenheid aktiwiteite in die suikervoorsieningsketting. Die probleem van die daarstelling
van steun rakende suikkerriet oestingsbesluite word in hierdie proefskrif in 'n aantal kontekste
oorweeg, elk met betrekking tot 'n tipiese soort organisasie van suikerrietboere in 'n samehorige
besluitnemingseenheid met sy spesi eke vereistes en beperkings in die praktyk. Verskeie variasies
van 'n oorkoepelende taktiese suikerriet-oesskeduleringsprobleem (TSOSP) wat in hierde kontekste
relevant is, naamlik die probleem om objektiewe, verantwoordbare steun aan besluitnemers
te bied wat verantwoordelik is vir die bepaling van optimale oesdatums vir 'n versameling
suikerrietplantasies oor die bestek van 'n hele seisoen, word in hierdie proefskrif bestudeer en
opgelos.
Suikerrietplantasies verskil tipies in terme van ouderdom, gewastipe, posisie in die lewensiklus,
en vele ander eienskappe van die suikerriet wat daar groei. Omgewingstoestande, soos onbeplande
brande, ryp of storms, het verder ook 'n negatiewe impak op die waarde van suikerriet op
sulke plantasies. Omdat suikerriet 'n lewende organisme is, verander die eienskappe daarvan oor
tyd, en so ook die potensi ele wins wat daarmee geassosieer word. Boerderypraktyke bemoeilik
verder die skeduleringsprobleem onder beskouing (seisoenale veranderings beïnvloed byvoorbeeld
die wyse waarop suikerriet ge-oes en vervoer word). Addisionele koste gaan voorts met die
re ënseisoen gepaard, omdat die plantasies dan nie toeganklik is vir langafstand transportvoertuie
nie en suikerriet gevolglik na spesiale laaisones gekarwei moet word voordat dit op hierdie
voertuie gelaai kan word. Ander oorwegings, soos die vroe ë uitploeg van plantasies sodat die
grond kan rus voordat nuwe suikerriet aangeplant word, veroorsaak dat die TSOSP 'n moeilike
multi-faset probleem is, wat goeie databestuur, wiskundige modelleringsvernuf en doeltreff ende
rekenaarwerk vereis.
Die TSOSP word in die literatuur vanuit verskillende standpunte en in verskeie kontekste oorweeg,
en 'n aantal uiteenlopende operasionele navorsingsmetodologie ë is al ingespan om hierdie
probleem ten dele op te los. Daar is egter geen poging in die literatuur om 'n oplossing
vir die TSOSP daar te stel waarin daar op 'n wetenskaplik-verantwoordbare wyse voorsiening
gemaak word vir die negatiewe e ffekte wat uitsonderlike omgewingstoestande op die kwaliteit
van oesskedules het nie; die meeste modelle in die literatuure is op slegs sukrose-opbrengs onder
normale omstandighede gebaseer, wat lei na swak skedules in die praktyk. Die bestek van die
wiskundige modellerings- en gepaardgaande oplossings-metodologie ë word in hierdie proefskrif
vir die TSOSP beperk tot onderskeidelik heeltallige programmeringsformulerings en die bepaling
van benaderde oplossings deur lokale soekprosedures. Die parameters wat met hierdie modelle
en soekmetodes geassosieer word, word empiries bepaal deur gebruikmaking van historiese data
asook bestaande werk oor die degradering van suikerriet as gevolg van omgewings- en ander
eksterne faktore. Die TSOSP word in hierdie proefskrif opgelos deur die ontwerp van 'n generiese argitektuur
vir 'n konseptuele besluitsteunstelsel (BSS) vir die TSOSP in die onderskeie kontekste waarna
hierbo verwys word en wat die e ekte van uitsonderlike omgewingsfaktore in ag neem, asook
die daarstelling van 'n rekenaar-ge ïmplementeerde weergawe van 'n daadwerklike BSS vir die
TSOSP wat in die raamwerk van hierdie generiese argitektuur pas. Die boustene van hierdie
BSS sluit modelle in vir die voorspelling van suikerrietopbrengs, die herwinbare waarde van
suikerriet onder normale omstandighede, die verwagte koste geassosieer met 'n oesskedule en die
negatiewe e ekte van omgewingsfaktore op die herwinbare waarde van suikerriet. Die werking
van die BSS is gebaseer op 'n kombinatoriese optimeringsprobleem wat aan die welbekende
asimmetriese handelreisigersprobleem met tyd-afhanklike kostes herinner, en hierdie model word
benaderd opgelos deur middel van 'n eienskap-gebaseerde tabu-soektog waarin beide lokale en
globale skuiwe ge ïnkorporeer is. Die BSS word ook gevalideer in terme van die haalbaarheid
en kwaliteit van die skedules wat dit oplewer, soos geassesseer deur ervare kundiges in die
suikerrietbedryf.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/5194
Date12 1900
CreatorsStray, Bjorn Jonas
ContributorsVan Vuuren, J. H., Bezuidenhout, C. N., University of Stellenbosch. Faculty of Economic and Management Sciences. Dept. of Logistics
PublisherStellenbosch : University of Stellenbosch
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageEnglish
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format213 p. : ill., maps
RightsUniversity of Stellenbosch

Page generated in 0.0242 seconds