Return to search

n Finansiële evaluasie van wisselboustelsels vir die Swartland

Thesis (MAgricAdmin)--Stellenbosch University, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: Crop rotation present a possible alternative to wheat mono culture production in the
Middle Swartland region where farming circumstances became increasingly more
difficult since 1996 due to decreasing profit margins. Crop rotation as such presents a
number of advantages like higher yield for wheat within the system and reduced inputs
costs mainly due to cuts in fertilizers, herbicides and pesticides. Crop rotation trials are
currently undertaken at the Langgewens experimental farm in which canola and lupines
are used in rotation with wheat while medics and medic/clover mixtures are used as
pasture crops in rotation with wheat.
The trials is scheduled to run over a period of 20 years, a study of the possible financial
effect crop rotation might have on the typical farm can be of some importance to decision
makers in the wheat industry. Due to a lack in reliable information the knowledge of a
multi disciplinary panel of experts were use to obtain information concerning certain
aspects of crop rotation. The expected profitability could thus be determined. To be able
to determine the expected financial implications on farm level a typical farm model was
developed with the help of the panel of experts. The typical farm of 630 ha was used for
the model. The expected profitability and financial implications of the implementation of
the eight different crop rotation systems on such a typical farm were estimated making
use of long term budgets. The dispersion of rainfall over time was identified as the single
most influential factor on the yields of the different crops in the region and was taken into
account determining the profitability of the systems over time. The period used for the
calculations were thus divided into good, average or poor rainfall years.
The IRR (internal rate of return) was used as financial criteria in calculating the expected
profitability of the different / AFRIKAANSE OPSOMMING: Wisselbou bied 'n moontlike alternatief vir koringmonokultuurverbouing in die Middel
Swartland waar boerdery omstandighede sedert 1996 toenemend moeiliker word weens
dalende winsmarges. Wisselbou as sulks bied verskeie voordele ten opsigte van
verhoogde opbrengste vir veral koring wat in die wisselboustelsel voorkom, sowel as
insetbesparings ten opsigte van hoofsaaklik bemesting en spuitprogramme.
Wisselbouproewe word tans op Langgewens Proefplaas onderneem om wisselboustelsels
waarin kanola en lupien as wisselbougraangewasse en medies en medics/klawer
kombinasies as wisselbouweidingsgewasse saam met koring ondersoek word.
Die proef is geskeduleer om oor 'n 20 jaar tydperk uitgevoer te word, maar 'n voortydige
finansiële ontleding van die verwagte effek wat wisselbou vir die tipiese plaas kan inhou,
kan waardevol wees vir besluitnemers in die betrokke bedryf Weens 'n tekort aan
toepaslike betroubare inligting is van 'n multidissiplinêre span van kundiges gebruik
gemaak om inligting ten opsigte van sekere aspekte van wisselbou te genereer. So kan die
verwagte winsgewendheid van die geïdentifiseerde wisselboustelsels bepaal word. Ten
einde die finansiële implikasies van gewaswisselbou relatief tot
koringmonokultuurverbouing op plaasvlak te ondersoek, is van 'n tipiese plaasmodel
gebruik gemaak wat met behulp van die paneel kundiges ontwikkel is. 'n Tipiese plaas
van 630 ha is gebruik as ontledingsmodel. Die verwagte winsgewendheid en finansiële
implikasies van die implementering van eik van agt verskillende wisselboustelsels is
beraam deur middel van langtermyn begrotings. Reënval en reënvalverspreiding is
geïdentifiseer as die faktore wat die grootste invloed op die opbrengs prestasie van
gewasse in die betrokke omgewing uitoefen en is in ag geneem met die beraming van die
finansiële prestasie van die stelsels oor die langtermyn. Die berekeningstermyn is
gevolglik ingedeel in goeie, gemiddelde en swak reënvaljare ten einde die invloed van
reënval op die opbrengste van die verskillende gewasse in ag te neem.
Die lOK (interne opbrengskoers van kapitaal) is gebruik as finansiële maatstaf vir die
meet van die winsgewendheid van eike wisselboustelsel, soos geïmplementeer op die tipiese plaas. Wisselboustelsels met kanola en lupien saam met koring toon goeie
finansiële resultate, terwyl stelsels met weidingsgewasse en koring oor die algemeen
meer winsgewend vertoon as koringmonokultuur.Na verwagting behoort die stelsel waar
koring en medics/klawennengsel afgewissel word, die beste te vaar ten opsigte van
winsgewendheid.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/52356
Date12 1900
CreatorsHoffmann, W. H. (Willem Hendrik)
ContributorsLaubscher, J., Stellenbosch University. Faculty of AgriSciences. Dept. of Agricultural Economics.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format92, [24] p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0023 seconds