Return to search

Selfagting en lokus van kontrole as voorspellers van aggressie

Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: Aggression is an everyday occurrence in South Africa. If the detrimental effect of
aggression on the individual, as well as society, is taken into account, it becomes
necessary to conduct more research on the factors that can enhance and lower
aggression.
The main aim of this research was to gain insight into the relationship between level
of self-esteem, stability of self-esteem, locus of control, and aggression. An additional
aim was to establish whether male and female students differed in their level of
aggression towards men and women. In this regard four types of aggression were
distinguished, namely physical and verbal aggression, anger and hostility. The results
of this study can be utilised to combat aggression by limiting the emergence and
execution of aggression.
Male and female first year students attending Stellenbosch University were asked to
participate in this study. Participation was voluntary and anonymous. Altogether 149
people (40 male students and 109 female students) completed the questionnaires. The
study group spoke either Afrikaans or English at horne. The ages of the participants
fell between 17 and 27 years.
Five measuring instruments were used. The researcher compiled a biographical
questionnaire to gain information about the participant's sex, age, horne language and
citizenship. The Rosenberg Self-Esteem Scale (RSE) was used to measure level of
self-esteem. The RSE was also adapted to measure the stability of self-esteem.
Stability of self-esteem was also measured with the Rosenberg Stability of Self Scale
(RSSS). The Aggression Questionnaire (AQ) was used to determine the level of
aggression the individual had towards others. The AQ also distinguished between
four types of aggression, namely physical and verbal aggression, anger and hostility.
The Adult Nowicki-Strickland Internal-External Control Scale (ANSIE) was used to
measure locus of control. Significant relationships were found between the following variables:
• Level of self-esteem, stability of self-esteem, locus of control, and aggression for
female students. Only locus of control was a significant predictor of aggression;
• Level of self-esteem, stability of self-esteem, locus of control, and aggression for
male students. None of the predictor variables were significant.
The following significant differences were found:
• Male students were significantly more physically aggressive towards their own sex
than female students towards their own sex;
• Female students were significantly more physically aggressive towards the opposite
sex than male students towards the opposite sex. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Aggressie is 'n alledaagse verskynsel in Suid-Afrika. Indien die nadelige invloed
daarvan op die individu, sowel as die samelewing, in ag geneem word, is dit
noodsaaklik dat meer navorsing gedoen word oor die faktore wat aggressie kan
verhoog en verlaag.
Die hoofdoelstelling van hierdie ondersoek was om die verband tussen vlak van
selfagting, stabiliteit van selfagting en lokus van kontrole, en aggressie te verken.
Verdere spesifieke doelstellings was om te bepaal of mans- en damestudente van
mekaar verskil in die vlak van aggressie wat hulle gebruik teenoor mans en vroue. In
hierdie opsig is daar onderskei tussen vier tipes aggressie, naamlik fisiese en verbale
aggressie, woede en vyandigheid. Die resultate van hierdie ondersoek kan benut word
om aggressie teen te werk deur die ontstaan en uitvoering van aggressie te beperk.
Manlike en vroulike eerstejaarstudente aan die Universiteit van Stellenbosch is by die
ondersoek betrek. Deelname was vrywillig en anoniem. Altesame 149 persone (40
mansstudente en 109 damestudente) het die vraelyste voltooi. Die ondersoekgroep
was Afrikaans of Engels as huistaal magtig. Die ouderdomme van die deelnemers
was tussen 17 en 27 jaar.
Vyfmeetinstrumente is gebruik. 'n Biografiese vraelys is deur die navorser self
opgestel om inligting te verkry oor die deelnemer se geslag, ouderdom, huistaal en
burgerskap. Die Rosenberg Selfagting Skaal (RSAS) is gebruik om vlak van
selfagting te meet. Die RSAS is ook aangepas om die stabiliteit van selfagting te
meet. Stabiliteit van selfagting is ook gemeet deur die Rosenberg Stabiliteit van Self
Skaal (RSSS). Die Aggressie Vraelys (AV) is gebruik om die vlak van aggressie van
die individu teenoor ander te bepaal. Die AVonderskei ook tussen vier tipes
aggressie, naamlik fisiese en verbale aggressie, woede en vyandigheid. Die Nowicki-
Strickland Skaal vir Interne-Eksterne Kontrole vir Volwassenes (N-SIEV) is gebruik
om lokus van kontrole te meet. Daar is beduidende verbande tussen die volgende veranderlikes gevind:
• Vlak van selfagting, stabiliteit van selfagting en lokus van kontrole, en aggressie by
damestudente. Slegs lokus van kontrole was 'n beduidende voorspeller van
aggressie by damestudente;
• Vlak van selfagting, stabiliteit van selfagting, lokus van kontrole, en aggressie by
mansstudente. Geeneen van die voorspellerveranderlikes was beduidend by
mansstudente nie.
Die volgende beduidende verskille is gevind:
• Mansstudente was beduidend meer fisies aggressief teenoor hul eie geslag as
damestudente teenoor hul eie geslag;
• Damestudente was beduidend meer fisies aggressief teenoor die teenoorgestelde
geslag as mansstudente teenoor die teenoorgestelde geslag.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/52445
Date12 1900
CreatorsFourie, Rene
ContributorsSteel, H. R., Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Psychology.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format97 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0029 seconds