Return to search

The prevalence of anxiety in a group of 7 to 13 year old learners in the Western Cape

Thesis (MEdPsych)--University of Stellenbosch, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: A study of the relevant literature revealed anxiety disorders to be of the most prevalent
psychiatric disorders of childhood. Prevalence is put at between1 % and 20% in different
studies. The purpose of this study was to gather data regarding the prevalence of
anxiety in a group of learners in the Western Cape. Literature regarding the different
etiological theories of anxiety, the classification of anxiety disorders, their prevalence,
the living conditions of the child in South Africa and the assessment of anxiety in
children were explored. The study further examined DSM-IV defined anxiety disorder
symptoms in a large community sample of 7 to 13 year old learners in the Western
Cape. This was done by a simple survey approach, using quantitative measures. Two
self-report questionnaires were used, ie the Spence Children's Anxiety Scale (SCAS)
and the Screen for Child Anxiety Related Emotional Disorders (SCARED). Results
showed that the psychometric properties of the SCAS and the SCARED were moderate
(convergent validity) to sufficient (reliability). The original factor structure of the SCAS
and the SCARED did not emerge in this sample of learners, although factor analysis did
yield evidence of the presence of a number of the hypothesised anxiety categories (ie
social phobia, panic disorder, fears and generalised anxiety disorder). Results also
indicated that a high percentage of the subjects reported serious anxiety symptoms,
namely 22% on the SCAS and 25.6% on the SCARED. The most common anxiety
symptoms of the learners in the Western Cape pertained to generalised anxiety
disorder, separation anxiety disorder, social phobia, and obsessive-compulsive disorder.
Studying the content of the most common responses revealed that symptoms referring
to compulsive behaviours and physical separation from the parents were frequent. / AFRIKAANSE OPSOMMING: 'n Studie van die relevante literatuur het aan die lig gebring dat angsversteurings van
die mees algemene psigiatriese versteurings tydens die kinderjare is. Die voorkoms
daarvan wissel tussen 1% en 20%, en die doel van hierdie studie was om data oor die
voorkoms van angs by 'n groep leerders in die Wes-Kaap in te samel. Literatuur oor die
verskillende etiologiese teorieë rakende angs, die klassifikasie van angsversteurings,
die voorkoms daarvan, die lewensomstandighede van die kind in Suid-Afrika, en die
assessering van angs, is ondersoek. Daarna is angsversteurings soos gedefinieer deur
die DSM-IV, ondersoek in 'n groot steekproef vanuit die gemeenskap, van 7- tot 13-
jarige leerders in die Wes-Kaap. Dit is gedoen deur van 'n eenvoudige opname ontwerp
gebruik te maak, en deur kwantitatiewe metodes te gebruik. Twee vraelyste waarin die
subjekte inligting omtrent hulself verskaf, is gebruik, naamlik die Spence Children's
Anxiety Scale (SCAS) en die Screen for Child Anxiety Related Emotional Disorders
(SCARED). Resultate het aangetoon dat die psigometriese eienskappe van die SCAS
en die SCARED matig (die konvergerende geldigheid) en voldoende (die
betroubaarheid) was. Die oorspronklike faktorstruktuur van die SCAS en die SCARED
het nie na vore gekom in hierdie steekproef nie. Faktoranalise het egter die
teenwoordigheid van 'n aantal gehipotetiseerde angskategorieë aangedui, naamlik
sosiale fobie, paniekversteuring, vrese en algemene angsversteuring. Resultate het ook
getoon dat 'n hoë persentasie van die respondente die teenwoordigheid van ernstige
angssimptome aangedui het, naamlik 22% op die SCAS en 25.6% op die SCARED. Die
mees algemene angssimptome by die leerders in die Wes-Kaap het te doen gehad met
algemene angsversteuring, skeidingsangs, sosiale fobie en obsessief-kompulsiewe
versteuring. Simptome watte doen het met kompulsiewe gedrag en fisiese skeiding van
hulouers, het die populêrste geblyk te wees.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/52556
Date12 1900
CreatorsPerold, Mariechen Deirdre
ContributorsEngelbrecht, P., Stellenbosch University. Faculty of Education . Dept. of Educational Psychology.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format137 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0028 seconds