Return to search

The influence of transformational and transactional leadership on interpersonal trust through perceptions of fairness

Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: Southern African organisations have to survive In an increasingly competitive and
globalised market. Southern African organisations are characterised through low
productivity levels, low levels of trust between employers and employees, low levels of
organisational commitment and effectiveness. Solutions must be found in order to
overcome these problems and to prevent them in the future. This study might offer such a
solution.
The primary goal of this study was to establish whether there is a relationship between
transformational and transactional leadership and interpersonal trust, and whether this
relationship is influenced through organisational justice (in terms of procedural,
interactional and distributive justice). The basis of this study was to establish whether
procedural justice had a mediating effect on the relationship between transformational
leadership and trust, and whether distributive justice had a mediating effect on the
relationship between transactional leadership and trust. Another goal of this study was to
establish whether there was a direct relationship between transformational leadership and
trust. This study was based on a model of Pillai, Schriesheim and Williams (1999) who
tested these relationships in the USA. Their results gave rise to replicating this study in
Southern Africa. A literature study of transformational and transactional leadership, organisational justice
(in terms of procedural, interactional, and distributive justice) and trust was conducted. The
relationship between these constructs has also been analysed in the literature study.
A questionnaire consisting of four sections was compiled in accordance with the literature
study. These questionnaires were distributed to a Namibian bank. Twelve branches took
part in this research. The sample comprised 281 persons, each of whom had to complete
the questionnaire. Section A of the questionnaire was designed to give an indication of the
demographic variables of the participants. Section B measured transformational and
transactional leadership. This section was based on Bass and Avolio's multifactor
leadership questionnaire (MLQ). Section C was compiled in accordance with Moorman's
study of organisational justice. This section measured procedural, interactional and
distributive justice. The last section, Section D, measured trust and was based on Bews's
questionnaire of trust.
The statistical analysis was conducted in two phases. In phase one, the confirmatory factor
analysis on the original theoretical model did not produce adequate goodness-of-fit
statistics. The structural model did not converge on LISREL in the first phase.
Subsequently, alternative solutions had to be found and a second phase of statistical
analysis was undertaken. In this phase, the various leadership dimensions were separated
to test their individual effects in the model. Initially, principal component analyses using
Varimax rotation and item analyses were performed on the data set using SPSS. Some
items had to be removed as a result of the dimensionality and item analyses. Thereafter
confirmatory factor analysis was conducted on the reduced data set, using LISREL. The
results indicated satisfactory factor loadings on the measurement models. Good fit was also
revealed for the measurement models. Consequently, the structural model was tested on
LISREL. The results provided reasonable goodness-of-fit statistics, but some hypotheses
failed to be corroborated in this study. New insights have also been gained through the
results.
Conclusions were drawn from the results obtained and recommendations are made for
future research. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Suider-Afrikaanse ondernemings moet in 'n toenemend kompeterende en internasionale
besigheidswêreld probeer oorleef. Suider-Afrikaanse ondernemings word egter gekenmerk
deur lae produktiwiteitsvlakke, 'n groot mate van wantroue tussen werknemers en
werkgewers, lae vlakke van organisatoriese betrokkenheid en effektiwiteit. Oplossings
moet gevind word om hierdie probleme te oorkom en in die toekoms te voorkom. Hierdie
studie lewer moontlik 'n oplossing.
Die primêre doel van hierdie studie IS om te bepaal of daar 'n verwantskap tussen
transformasionele en transaksionele leierskap en vertroue bestaan, en of hierdie
verwantskap deur persepsies van billikheid beïnvloed word. Die grondslag van dié studie
was om vas te stelof prosessuele (procedural) billikheid 'n bemiddelende invloed op die
verband tussen transformasionele leierskap en vertroue uitoefen, en of distributiewe
billikheid 'n bemiddelende invloed uitoefen op die verhouding tussen transaksionele
leierskap en vertroue. Verder is daar ook gekyk of daar 'n direkte verband tussen
transformasionele leierskap en vertroue bestaan. Hierdie studie is gegrond op Pillai,
Schriesheim en Williams (1999) se model, wat die verband tussen hierdie konstrukte in die
VSA getoets het. Hulle resultate het aanleiding tot die herhaling van hierdie studie in
Suider-Afrika gegee. 'n Literatuurstudie oor transformasionele en transaksionele leierskap, organisatoriese
billikheid (in terme van prosessuele, interaktiewe en distributiewe billikheid) en vertroue is
uitgevoer. Die verband tussen hierdie konstrukte is ook in die literatuurstudie ontleed.
'n Vraelys is na aanleiding van die literatuurstudie opgestel en in 'n Namibiese Bank
versprei. Twaalf banktakke het aan hierdie studie deelgeneem. Die steekproef het uit 281
persone bestaan wat elkeen 'n vraelys moes voltooi. Afdeling A van die vraelys was
ontwerp om 'n aanduiding van die demografiese veranderlikes van die deelnemers te
verkry. Afdeling B het transformasionele en transaksionele leierskap gemeet en was op
Bass en Avolio se leierskapsvraelys gebaseer. Afdeling C is opgestel na aanleiding van
Moorman se studie oor billikheid in orgarnsasies. Hierdie deel het prosessuele,
interaktiewe en distributiewe billikheid gemeet. Die laaste afdeling, afdeling D, het
interpersoonlike vertroue gemeet en is gebaseer op Bews se vertrouevraelys.
Die statistiese analise is in twee fases uitgevoer. In die eerste fase is die oorspronklike
teoretiese modelop LISREL getoets. Die bevestigende faktoranalises van die latente
veranderlikes het nie goeie passingstatistieke getoon nie. Die strukturele model het ook nie
gekonvergeer nie. As gevolg hiervan moes alternatiewe oplossings gevind word en 'n
tweede fase van statistiese anal ise is toegepas. Die leierskapsoriëntasies is opgedeel In
hulle onderskeie dimensies. Daaropvolgend is eers dimensieanalise met die hulp van
hootkomponentontleding en itemontleding gedoen. Verskeie items moes op grond van
hierdie analises verwyder word. Op die verkorte datastel is daar weer 'n bevestigende
faktoranalises met behulp van LISREL gedoen. Die passingstatistieke het hier aanvaarbare
resultate opgelewer. Vervolgens is die nuwe strukturele model met behulp van LISREL
getoets. Die resultate het redelike passingstatistieke gelewer, maar daar kon nie steun vir
alle hipoteses gevind word nie. Nuwe insigte is deur die resultate verwerf.
Op grond van die resultate is daar tot bepaalde gevolgtrekkings gekom en daar word
aanbevelings vir verdere navorsing gemaak.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/53131
Date03 1900
CreatorsKrafft, Pascale
ContributorsEngelbrecht, A. S., Theron, C. C., Stellenbosch University. Faculty of Economic and Management Sciences. Department of Industrial Psychology.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageEnglish
TypeThesis
Formatvii, 130 pages : illustrations
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0024 seconds