Return to search

Winsgewendheid van suiwelboerdery in die Swartland

Thesis (MSc)--Stellenbosch University, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: Profit margins of typical farming systems in the Swartland have come under pressure
because of international market forces decreasing milk and wheat prices as well as the
deregulation of the agricultural marketing boards in South Africa after 1994. The profit
margins of small grain production systems are specifically under pressure. It has
therefore become necessary to evaluate different combinations of farming enterprises
continuously.
The profitability of changing farming enterprises can be examined by means of budgeting
techniques. In this study the profitability of the inclusion of more home grown feed stuffs
in the fodder flow program of dairies, currently run according to a zero feed lot grazing
system, was investigated. The technique of Linear Programming (LP) was used in this
regard.
Grain production per hectare can vary to a large extent in the Swartland because of the
large variation in soil forms and soil types. To accommodate these differences, a case
study was conducted in each of the identified sub regions of the Swartland. The
information gained from each case study was presented to a panel of producers and other
experts during group discussions. Technical experts ensured that the latest available
technology is applied, while the producers evaluated the practical implications of this. A
further outcome of this method was that specialised subject related matters could be
evaluated in group discussions focussing on the implications for the farming system as a
whole. Thus, aspects related to the multidisciplinary nature of farming systems could be
evaluated simultaneously.
It is concluded that farm profitability can, under described circumstances be improved by
including more home grown feed stuffs in the fodder flow program of the dairy
production system. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Dalende melk- en koringpryse weens nasionale sowel as internasionale markkragte,
asook die deregulering van landboubemarkingsrade in Suid-Afrika na 1994, het die
winsgrense van boerderystelsels in die Swartland onder druk geplaas. Die
winsgewendheid van kleingraanproduksiestelsels is veralonder druk. Dit is gevolglik
nodig om kombinasies van boerderyvertakkings deurlopend te evalueer.
Die winsgewendheid van veranderinge in boerderybedryfstakkombinasies kan met
behulp van begrotingstegnieke bepaal word. In hierdie studie is die winsgewendheid van
die inskakeling van geproduseerde voere teen 'n hoër peil in die voervloeiprogram van
die melkbedryfstak, wat volgens 'n voerkraal- of nulbeweidingstelsel bedryf word, by die
kleingraanproduksiestelsel ondersoek. Die tegniek van Lineêre Progammering (LP) is
hiervoor gebruik.
Weens groot variasies in grondvorm en grondtipe in die Swartland kan graanproduksie
baie varieer. Ten einde hierdie verskille te kan akkommodeer, is 'n gevallestudie
winsgewendheidsontleding in elk van die geïdentifiseerde substreke van die Swartland
gedoen. Die inligting verkry uit hierdie gevallestudies is aan 'n paneel van produsente en
ander kundiges tydens groepbesprekings in debat geplaas. Tegniese kundiges het
verseker dat die nuutste tegnologie toegepas word, terwyl produsente die praktiese
implikasies hiervan kon evalueer. 'n Verdere uitvloeisel van hierdie werkswyse is dat
vakspesifieke gespesialiseerde aangeleenthede in die groepbespreking beoordeel word
tesame met die implikasies wat dit vir die boerderystelsel in sy geheel inhou. Sodoende
word aspekte wat verband hou met die multidissiplinêre geaardheid van boerderystelsels
gelyktydig ondersoek.
Daar word tot die gevolgtrekking gekom dat die winsgewendheid van boerderye met
kombinasies van kleingraan en melk in die Swartland, onder bepaalde omstandighede,
deur die gebruik van selfgeproduseerde voergrondstowwe vir die melkproduksiestelsel,
aansienlik verhoog kan word.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/53223
Date03 1900
CreatorsVan der Spuy, Albertus Louw
ContributorsLaubscher, J., Stellenbosch University. Faculty of AgriSciences . Dept. of Agricultural Economics.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Formatp. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0023 seconds