Return to search

Agogiek in historiese perspektief met spesiale verwysing na die 18de eeu

Thesis(M.Mus.) -- Stellenbosch University, 1987. / VOORWOORD
Die twintigste eeu beleef 'n besondere belangstelling in die outentieke uitvoering van ou musiek en
dit is 'n studieveld wat reeds uitgebreid nagevors is. Desondanks bestaan daar steeds baie
vraagstukke aangaande sekere uitvoeringspraktyke en styltipes en hoe ouer die musiek, hoe meer
problematies word 'n outentieke uitvoering, veral as gevolg van die groot verskille tussen die
moderne en ou instrumente, die speeltegnieke en die dikwels ontoereikende notasie.
Die teoriee wat die twintigste eeuse musici aangaande die uitvoeringspraktyke geformuleer het, is
hoofsaaklik gebaseer op ou geskrifte, verhandelinge en onderrigboeke uit die onderskeie
styltydperke. Daar bestaan baie teenstrydighede tussen hierdie teoriee, veral met betrekking tot
die musiek van die Barokperiode. Die uitvoering van musiek van die Klassieke en veral die
Romantiese periodes is minder problematies en die redes hiervoor is hoofsaaklik die volgende: Die
notasiesisteem het reeds tydens die Hoog-Klassieke tydperk tot sy huidige vorm ontwikkel. Verder
het musiekkritiek en -geskiedskrywing segert die agtiende eeu toenemend meer aandag geniet en
bestaan daar dus meer inligting aangaande uitvoeringspraktyke.
Ten spyte daarvan dat hierdie na vorsing reeds dekades gelede begin het, is daar steeds groot
onkunde daaromtrent en word daar dikwels min aandag gegee aan die outentieke uitvoering van ou
musiek. Hierdie studie is 'n paging om die navorsing wat reeds gedoen is krities te ondersoek en 'n
moontlike samevatting daarvan te gee. / Digitized at 300 dpi B/W PDF format (OCR), using ,KODAK i 1220 PLUS scanner. Digitised, Rebecca Patterson on 28 August 2013. Digitization of Music Thesis Project

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/65460
Date09 1900
CreatorsKotze, Hanneli
ContributorsLoeb van Zuilenburg. P. O. E. F., Stellenbosch University. Faculty of Arts & Social Sciences. Dept. of Music.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format149 blaaie : ill., musiek
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0022 seconds