Return to search

'n Evaluasie van ‘n geletterheidsondersteuningsprogram vir die intermediêre fase

Thesis (MEdPsych )--University of Stellenbosch, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: Adequate literacy skills form the basis for learning and development. Unfortunately, a lack of adequate literacy skills is a world-wide tendency. Literacy in South Africa is part of this problem. The Department of Basic Education has, since 2000, been using the National Systemic Evaluation (NSE) to determine the level of learners' literacy skills. This evaluation takes place in grades 3 and 6 every alternate year. The latest evaluation indicated that the number of Intermediate Phase learners in South Africa who do not have the required literacy skills has increased over the last few years.
The school where this research was undertaken also experiences problems with learners whose literacy skills are not up to standard. The results of the National Systemic Evaluation (NSE) of 2005 indicate that only 30% of the grade 6 learners in the school are able to read and write at the required age level. As a result, a large percentage of the learners' reading and writing skills can be compared to learners in the Foundation Phase. Teachers in the Intermediate Phase have indicated that they do not have sufficient knowledge and self-confidence to support learners whose literacy skills are comparable with those in the Foundation Phase.
It is within this frame of reference that I developed a support programme for teachers who teach in the Intermediate Phase.
The aim of the research was to evaluate the efficacy of the Literacy Support Programme (GOP) for the Intermediate Phase. The study will determine if the teachers' self-confidence, skills and strategies for literacy support have improved. Transformation of the learners' backlog cannot take place before their teachers' self-confidence to support them has improved dramatically. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Voldoende geletterdheidsvaardighede vorm die basis van leer en ontwikkeling. Ongelukkig is 'n gebrek aan voldoende geletterdheidsvaardighede 'n wêreldwye tendens. Suid-Afrika ondervind ook hierdie probleem. Die Departement van Onderwys gebruik sedert 2000 die Nasionale Sistemiese Evaluering (NSE) om die vlak van leerders se geletterdheidsvaardighede te bepaal. Hierdie evaluering vind al om die ander jaar in graad 3 en 6 plaas. Die evaluering het getoon dat die aantal Intermediêre Fase-leerders in Suid-Afrikaanse skole wat nie oor voldoende geletterdheidsvaardighede beskik nie, die afgelope paar jaar toegeneem het.
Die skool waar hierdie navorsing gedoen is ondervind ook probleme met leerders se geletterheidsvaardighede wat nie op standaard is nie. Die sistemiese evalueringsuitslae van 2005 het getoon dat slegs 30% van die Graad 6-leerders in dié skool volgens hul ouderdomsvlak kan lees en skryf. Gevolglik is daar 'n baie groot persentasie leerders wie se lees- en skryfvaardighede met leerders in die Grondslagfase (GF) vergelyk kan word. Die onderwysers in die Intermediêre Fase het aangedui dat hulle nie oor genoeg kennis of selfvertroue beskik om leerders te ondersteun wie se geletterdheidsvaardighede steeds met die van die Grondslagfase vergelyk kan word nie.
Dit is binne hierdie verwysingsraamwerk dat ek 'n ondersteuningsprogram vir onderwysers van die Intermediêre Fase ontwikkel het.
Die doel van die navorsingstudie was om die effektiwiteit van die Geletterdheidsondersteuningprogram (GOP) vir die Intermediêre Fase te evalueer. Die studie wil bepaal of die onderwysers se selfvertroue en vaardighede/strategieë vir geletterdheidsondersteuning in die Intermediêre Fase verbeter het. Transformasie van leerders se agterstande kan nie plaasvind alvorens die onderwysers nie oor genoeg selfvertroue beskik om hierdie leerders te ondersteun nie.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/6705
Date03 1900
CreatorsVeldsman, G. C. (Anienie)
ContributorsPerold, Mariechen, Dreyer, Lorna, University of Stellenbosch. Faculty of Education. Dept. of Educational Psychology.
PublisherStellenbosch : University of Stellenbosch
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Formatxi, 147 p. : col. ill.
RightsUniversity of Stellenbosch

Page generated in 0.003 seconds