Return to search

Biologie van die wingerdfilloksera Phylloxera vitifoliae (Fitch)(Homoptera: Phylloxeridae) in Suid-Afrika

Thesis (MScConsEcol)--Stellenbosch University, 1970. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Verskeie aspekte van die biologie van die wingerdfilloksera is
bestudeer. Die ondergrondse lewensiklus is in spesiale teelbakke waargeneem
en die ontwikkelingstydperk van elke stadium word afsonderlik
aangegee. Dit is bepaal dat die ontwikkeling van n eier tot n volwasse
radicicolae-wyfie gemiddeld 22 dae duur en dat die ontwikkeling van n
eier tot n alata gemiddeld 30 dae duur. Die leeftyd en tydperk van
eierlegging van n volwasse wyfie asook die aantal eiers wat geproduseer
word, word aangegee. Verskillende gegewens wat in verband met oorwintering
verkry is, word bespreek. Die tyd van voorkoms van die verskillende
stadia van die radicicolae-siklus in die natuur, is bepaal. Die aktiewe ·
stadium duur vanaf September tot Mei, die oorwinterende stadium vanaf
April tot Oktober en nimfe kom voor vanaf November tot April. Met die
gegewens verkry, is die aantal generasies per jaar teoreties bepaal.
Filloksera is tot op n diepte van 1.2 m in die grond gevind. Daar is
vasgestel dat verskillende grondtipes n invloed op die fillokserabesmetting
het. Die besmetting neem af soos die persentasie fyn plus
medium sandinhoud van n grond styg. Opnames het getoon dat 95% van die
wingerde met Jacquez as onderstok in die Stellenbosch-area besmet is en
dat ongeveer 25% van alle wingerde in die Olifantsrivier-besproeiingsgebied
besmet is.
Met behulp van sekere vangapparate is alatae vir die eerste keer in
Suid-Afrika in die natuur versamel. Die leeftyd en eierproduksie van
alatae en verskillende aspekte van die voorkoms van die galicolae-siklus
word bespreek. Twee metodes is toegepas om morfologiese rasse van
filloksera·te onderskei. Met behulp van een van die metodes kon verskille
tussen die populasies van die twee geografies verskillende areas wat
ondersoek is, aangetoon word. / ENGLISH ABSTRACT: None

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/67774
Date January 1970
CreatorsDe Klerk, C. A. (Christiaan Andreas)
ContributorsStellenbosch University. Faculty of AgriSciences. Dept. of Conservation Ecology and Entomology.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format120 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0023 seconds