Return to search

Die bevorderlikheid van opvoedkundige tolking vir effektiewe onderrig en leer binne die konteks van die Fakulteit Regsgeleerdheid aan die Universiteit Stellenbosch

Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: Traditionally educational interpreting refers to educational interpreting for deaf students
using Sign Language. Research that has been done in South Africa in spoken language
educational interpreting represents pioneering work in this emerging discipline. One of
the most important issues that interests policy makers and educators is the effectiveness
of educational interpreting for teaching and learning purposes.
This study investigates this issue with reference to contemporary ideas from academic
literacy studies. Concepts such as affect, identity, accessibility and participation are
investigated in order to describe possible relationships between educational interpreting
and teaching and learning. The research is done against a discussion of pertinent
concepts in interpreting theory, namely role, quality and professionalism.
During a four week period educational interpreting was tested by way of a trial in two
modules in the Law Faculty of the Stellenbosch University and with reference to three
basic questions, namely:
• Do students understand subject content better as a result of educational
interpreting?
• Do students identify better with the classroom situation because of educational
interpreting?
• Does educational interpreting help students to save time in the learning process?
Data were gathered by way of action research and questionnaires, a focus group
discussion, interviews and field observation. The research methodology included both
qualitative and quantitative components. The results of the study lead to certain
conclusions about the experience of educational interpreting in classrooms in the
research context and whether educational interpreting can enhance teaching and
learning in this context. Recommendations are made regarding the implementation of
educational interpreting and further research in the field of Interpreting Studies. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Tradisioneel verwys opvoedkundige tolking na tolking vir dowe studente deur middel van
gebaretaal. Navorsing in gesproke opvoedkundige tolking is egter onlangs in Suid-Afrika
begin; dit verteenwoordig pionierswerk in hierdie ontluikende studieveld. Een van die
belangrikste kwessies waarin beleidmakers en opvoeders belangstel, is die effektiwiteit
van opvoedkundige tolking vir onderrig en leer.
In hierdie studie word ’n ondersoek na hierdie vraagstuk onderneem, met verwysing na
kontemporêre idees uit akademiese geletterdheidstudies. Konsepte soos affek, identiteit,
toeganklikheid en deelname word verken om uiteindelik moontlike verbande tussen
opvoedkundige tolking en onderrig en leer te ondersoek en te beskryf. Die navorsing
word gegrond op ’n verkenning van belangrike tolkteoretiese konsepte, naamlik rol,
kwaliteit en professionaliteit.
Opvoedkundige tolking is deur ’n proefneming binne die Fakulteit Regsgeleerdheid (US)
in twee modules oor ’n tydperk van vier weke in klasse getoets met verwysing na drie
basiese vrae, naamlik: Tradisioneel verwys opvoedkundige tolking na tolking vir dowe studente deur middel van
gebaretaal. Navorsing in gesproke opvoedkundige tolking is egter onlangs in Suid-Afrika
begin; dit verteenwoordig pionierswerk in hierdie ontluikende studieveld. Een van die
belangrikste kwessies waarin beleidmakers en opvoeders belangstel, is die effektiwiteit
van opvoedkundige tolking vir onderrig en leer.
In hierdie studie word ’n ondersoek na hierdie vraagstuk onderneem, met verwysing na
kontemporêre idees uit akademiese geletterdheidstudies. Konsepte soos affek, identiteit,
toeganklikheid en deelname word verken om uiteindelik moontlike verbande tussen
opvoedkundige tolking en onderrig en leer te ondersoek en te beskryf. Die navorsing
word gegrond op ’n verkenning van belangrike tolkteoretiese konsepte, naamlik rol,
kwaliteit en professionaliteit.
Opvoedkundige tolking is deur ’n proefneming binne die Fakulteit Regsgeleerdheid (US)
in twee modules oor ’n tydperk van vier weke in klasse getoets met verwysing na drie
basiese vrae, naamlik:Tradisioneel verwys opvoedkundige tolking na tolking vir dowe studente deur middel van
gebaretaal. Navorsing in gesproke opvoedkundige tolking is egter onlangs in Suid-Afrika
begin; dit verteenwoordig pionierswerk in hierdie ontluikende studieveld. Een van die
belangrikste kwessies waarin beleidmakers en opvoeders belangstel, is die effektiwiteit
van opvoedkundige tolking vir onderrig en leer.
In hierdie studie word ’n ondersoek na hierdie vraagstuk onderneem, met verwysing na
kontemporêre idees uit akademiese geletterdheidstudies. Konsepte soos affek, identiteit,
toeganklikheid en deelname word verken om uiteindelik moontlike verbande tussen
opvoedkundige tolking en onderrig en leer te ondersoek en te beskryf. Die navorsing
word gegrond op ’n verkenning van belangrike tolkteoretiese konsepte, naamlik rol,
kwaliteit en professionaliteit.
Opvoedkundige tolking is deur ’n proefneming binne die Fakulteit Regsgeleerdheid (US)
in twee modules oor ’n tydperk van vier weke in klasse getoets met verwysing na drie
basiese vrae, naamlik: • Kan tolking in klasse studente help om vakinhoud beter te verstaan?
• Kan studente hierdeur beter met die klaskamersituasie identifiseer?
• Word tyd sodoende in die leerproses bespaar? Deur ’n proses van deelnemende aksienavorsing is data ingewin deur middel van
vraelyste, ’n fokusgroepbespreking, onderhoude en waarneming. As navorsingsmetodologie
het die navorser van beide kwalitatiewe en kwantitatiewe metodes gebruik
gemaak. Na aanleiding van die resultate word afleidings gemaak oor die ervaring van
opvoedkundige tolking in klaskamers binne die navorsingskonteks en of opvoedkundige
tolking onderrig en leer binne hierdie konteks kan bevorder. Ten slotte word
aanbevelings vir die implementering van opvoedkundige tolking en verdere navorsing in
Tolkstudie gemaak.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/80287
Date03 1900
CreatorsBrewis, Carmen
ContributorsLesch, H. M., Cattell, K., Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Afrikaans and Dutch.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format244 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0026 seconds