Return to search

Kry (“get”)-passives in Afrikaans : a minimalist analysis

Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: This study focuses on the grammatical properties and syntactic derivation of KRY (“get”)-passives in Afrikaans. Analyses of the corresponding phenomenon in other West-Germanic languages are examined and used as background for the study. The aim of the study is to provide a minimalist analysis of the internal structure of Afrikaans KRY-passives; no such analysis has to date been attempted within the framework of Minimalist Syntax. As an introduction to the phenomenon in Afrikaans, some grammatical background about kry and its syntactic distribution is provided, with special attention paid to the use of this verb in passive constructions. A new analysis of Afrikaans KRY-passives is put forward involving a small clause structure and a light verb component. The main hypothesis of the analysis is that eventive and stative KRY-passives are derived in basically the same manner, the important difference being the presence of a [process] and a [stative] feature, respectively, on the small clause light verb. This hypothesis provides support for the idea that the eventual eventive or stative interpretation of the structure is a consequence of the derivational process rather than being based on lexical features that are already present at the start of the derivation. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie fokus op die grammatikale eienskappe en sintaktiese afleiding van KRY-passiewe in Afrikaans. Analises van die ooreenstemmende verskynsel in ander Wes-Germaanse tale word ondersoek en as vertrekpunt vir die studie gebruik. Die doel van die studie is om ‟n minimalistiese analise van die interne struktuur van Afrikaanse KRY-passiewe te ontwikkel; so ‟n analise is nog nie tevore binne die raamwerk van Minimalistiese Sintaksis aangebied nie. As algemene inleiding tot die verskynsel in Afrikaans, word enkele aspekte van kry se grammatikale eienskappe en sintaktiese verspreiding beskryf, met besondere klem op die gebruik van hierdie werkwoord in passiefkonstruksies. ‟n Nuwe analise van KRY-passiewe in Afrikaans word voorgestel, een wat gebruik maak van ‟n beknopte sin (“small clause”)-struktuur en ‟n ligte werkwoord (“light verb”)-komponent. Die vernaamste hipotese van die analise is dat gebeurtenis (“eventive”) en toestand (oftewel statief, “stative”) KRY-passiewe wesenlik op dieselfde manier afgelei word, met een belangrike verskil, naamlik die teenwoordigheid van, onderskeidelik, ‟n [proses]- en ‟n [statief]-kenmerk by die beknopte sin se ligte werkwoord. Dié hipotese verleen steun aan die idee dat die uiteindelike gebeurtenis- of toestand-interpretasie van die struktuur die gevolg is van die afleidingsproses, en dus nie gebaseer is op leksikale kenmerke wat reeds teenwoordig is by die aanvang van die afleiding nie.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/85879
Date12 1900
CreatorsVos, Maria
ContributorsOosthuizen, J., Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of General Linguistics.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
Format66 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0801 seconds