Return to search

The development and empirical evaluation of an work engagement structural model

Thesis (MComm)--Stellenbosch University, 2015. / ENGLISH ABSTRACT: Work Engagement is one construct of many that forms part of the complex nomological network of constructs underlying the behaviour of working man2. Work Engagement is an important construct both from an individual as well as from an organisational perspective. Human resource management interventions aimed at enhancing Work Engagement aspire to contribute to the achievement of the organisation’s primary objective and the well-being of the organisation’s employees. Such interventions will most likely also be valued by individuals within the workplace, as individuals will be able to experience a sense of personal fulfilment through self-expression at work. It is therefore essential to gain a valid understanding of the Work Engagement construct and the psychological mechanism that underpins it, in order to design human resource interventions that will successfully enhance Work Engagement. The current study raises the question why variance in Work Engagement exists amongst different employees working in different organisational contexts. The research objective of the current study is to develop and empirically test an explanatory Work Engagement structural model that will provide a valid answer to this question.
In this study, a comprehensive Work Engagement structural model was proposed. An ex post facto correlational design with structural equation modelling (SEM) as the statistical analysis technique was used to test the substantive research hypotheses as represented by the Work Engagement structural model. Furthermore, the current study tested two additional narrow-focus structural models describing the impact of value congruence on Work Engagement by using an ex post facto correlational design with polynomial regression as the statistical analysis technique. A convenience sample of 227 teachers working in public sector schools falling under the jurisdiction of the Western Cape Education Department (WCED) participated in the study.
The comprehensive Work Engagement model achieved reasonable close fit. Support was found for all of the hypothesised theoretical relationships in the Work Engagement structural model, except for the influence of the PsyCap*Job Characteristics interaction effect on Meaningfulness and for three of the five latent polynomial regression terms added in the model in an attempt to derive response surface test values. The response surface analyses findings were mixed. Based on the obtained results, meaningful practical recommendations were derived. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Werkverbintenis1 is een van ‘n groot verskeidenheid konstrukte wat deel vorm van die komplekse nomologiese netwerk van konstrukte wat die gedrag van die arbeidende mens onderlê. Werkverbintenis word as ‘n belangrike konstruk beskou vanuit ‘n individuele sowel as vanuit ‘n organisatoriese perspektief. Menslike hulpbronbestuurs-intervensies gerig op die bevordering van Werkverbintenis streef daarna om by te dra tot die bereiking van die organisasie se primêre doel sowel as tot die welstand van die organisasie se werknemers. Sodanige intervensies sal waarskynlik ook deur werknemers waardeer word, aangesien sodanige intervensies die kanse verhoog dat individue selfvervulling in hul werk sal ervaar omdat die werk hul die geleentheid bied om hulself in hul werk uit te leef. Dit is gevolglik noodsaaklik om ‘n geldige begrip te ontwikkel van die Werkverbintenis-konstruk en die sielkundige meganisme wat dit onderlê ten einde menslike hulpronbestuurs-intervensies te ontwerp wat suksesvol Werkverbintenis sal bevorder. Die huidige studie stel die vraag aan die orde waarom variansie in Werkverbintenis tussen verskillende werknemers bestaan wat in verskillende organisatoriese kontekste werk. Die navorsingsdoelstelling van die huidige studie is om ‘n verklarende Werkverbintenisstrukturele model te ontwikkel en te toets wat ‘n geldige antwoord op hierdie vraag sal bied.
‘n Omvattende Werkverbintenis strukturele model is in hierdie studie voorgestel. ‘n Ex post facto korrelatiewe ontwerp met strukturele vergelykingsmodellering (SVM) as die statistiese ontledingstegniek is gebruik om die substantiewe navorsingshipotese soos voorgestel deur die Werkverbintenis strukturele model te toets. Die huidige studie het voorts twee addisionele nouer-fokus strukturele modelle getoets wat die impak van waardekongruensie op Werkverbintenis beskryf deur middel van ‘n ex post facto korrelatiewe ontwerp met polinomiese regressie-ontleding as statistiese ontledingstegniek. ‘n Geriefsteekproef van 227 onderwysers wat in openbare skole werksaam is wat onder die beheer van die Wes Kaapse Department van Onderwys val (WKDO) het aan die studie deelgeneem. Die omvattende Werkverbintenis-model het redelik goeie pasgehalte getoon. Steun is gevind vir all die voorgestelde teoretiese verwantskappe in die Werkverbintenis strukturele model, behalwe vir die invloed van die Sielkundige kapitaal*Werk eienskappe-interaksie-effek op Betekenisvolheid en vir drie van die vyf polinomiese latente regressie-terme wat in die model ingesluit is in ‘n poging om responsoppervlakte-waardes af te lei. Gemengde resultate is verkry vir die responsoppervlakte-ontleding. Betekenisvolle praktiese aanbevelings is gemaak op grond van die navorsingsresultate.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/96784
Date04 1900
CreatorsVan Deventer, Megan
ContributorsTheron, C. C., Stellenbosch University. Faculty of Economic and Management Sciences. Dept. of Industrial Psychology.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageEnglish
TypeThesis
Format340 pages : illustrations
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.002 seconds