Return to search

Gemeenskapsdiensvonnisse as alternatief tot gevangenisstraf : 'n maatskaplikewerk perspektief

Includes bibliographical references. / Misdaad is een van Suid-Afrika se grootste enkele maatskaplike vraagstukke - een wat groot sosiale, ekonomiese, en politieke implikasies inhou. Die Republiek van Suid-Afrika is sover bekend, die land met die hoogste gevangenisbevolking per 100 000 lede van die bevolking ter wereld. As gevolg van die hoe daaglikse gevangenisbevolking verduur ons dikwels heftige kritiek van die Internasionale gemeenskap en loop ons die gevaar om internasionaal verder geisoleer te word as gevolg van die swak beeld wat ons hoe gevangenisbevolking skep. Die doeltreffende hantering van die misdaadvraagstuk is alleen moontlik indien daar samewerking bestaan tussen die staat en die gemeenskap. Ongelukkig het 'n gees van geheimhouding in verband met aspekte van misdaad (byvoorbeeld ons gevangenisadministrasie) bygedra tot 'n onbetrokkenheid van ons gemeenskap by die rehabilitasie van oortreders. Die gees van die moderne rehabilitasie-filosofie le daarin opgesluit dat oortreders (sover prakties moontlik) binne gemeenskapsverband gerehabiliteer moet word, aangesien gevangenisstraf as strafmaatreel in sy doel gefaal het. Die ontwikkeling van alternatiewe tot gevangenisstraf in die meeste Westerse lande is grootliks die resultaat van navorsing oor die effektiwiteit van gevangenisstraf. Die gevangenisowerhede in die lande is in die algemeen ook aktief betrokke by die beplanning van gemeenskapsgerigte rehabilitasieprogramme vir oortreders. Wat Suid-Afrika betref is daar nog feitlik geen navorsing gedoen oor die effektiwiteit van gevangenisstraf nie. Kritiek op ons gevangenisstelsel berus dus dikwels op populere opvattings. Die gevangenisowerhede moet dikwels heftige kritiek verduur wat dalk ongegrond mag wees. Sekere strafhervormers het in die verlede ons gevangenisstelsel soms vir politieke gewin aangeval, met die gevolg dat ons gevangenisstelsel al hoe meer geisoleerd begin raak het van die gemeenskap, wat dit veronderstel is om te bedien. Die vraag kan tereg gevra word of ons gevangenisstelsel nie die speelbal is van politici, wat eie gewin nastreef nie. Sekere radikale elemente strewe na die omverwerping van wet en orde, waarvan die gevangenis 'n onontbeerlike deel uitmaak. Daarenteen is dit ongelukkig so dat daar ander politici is, wat leemtes in ons strafregstelsel en gevangenisstelsel wil toesmeer. Die gevolg is dat die noodsaaklikheid van strafhervorming nie behoorlik besef word nie. Strafhervorming is alleenlik moontlik indien leemtes in die Strafregstelsel geidentifiseer word en aan die gemeenskap bekend gestel word, sodat die gemeenskap betrokke kan raak by die proses van strafhervorming. Vonnisse van gemeenskapsdiens, wat impliseer dat oortreders die een of ander vorm van gratis diens tot voordeel van die gemeenskap lewer, is n ideale manier om gemeenskapsbetrokkenheid te bewerkstellig. Hoewel die tipe vonnisse nie ''n kitsoplossing is vir die misdaadvraagstuk nie, kan dit gebruik word om sekere oortreders uit die gevangenis te hou. In die ondersoek poog ondersoeker om 'n beskeie bydrae te lewer tot ons tergende misdaadvraagstuk. Die navorsingsonderwerp handel eerstens oor die beginsels van vonnisoplegging en 'n teoretiese bespreking oor die doel en waarde van gevangenisstraf. Aangesien die primere doel van die studie is om aanbevelings te maak oor gemeenskapsdiensvonnise as 'n alternatief tot gevangenisstraf in Suid-Afrika word in hoofstuk 4 en 5 gepoog om die waarde van gevangenisstraf in Suid-Afrika te evalueer deur middel van teoretiese en praktiese navorsing. Ten einde riglyne te bepaal vir die toepassing van gemeenskapsdiensvonnisse word in hoofstuk 6 en 7 'n bespreking gegee van die toepassing van gemeenskapsdiensvonnisse in Engeland, Wallis en die Verenigde State van Amerika. Een van die belangrikste dele van die studie is hoofstuk 8 waar 'n eksperimentele projek om 'n gemeenskapsdiensstelsel in Kaapstad te loods bespreek word. In die slot hoofstuk word aanbevelings gemaak met betrekking tot die toepassing van gemeenskapsdiensvonnisse in Suid-Afrika.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uct/oai:localhost:11427/15443
Date January 1981
CreatorsVan Gass, Izak Gerhardus
ContributorsHelm, Brunhilde
PublisherUniversity of Cape Town, Faculty of Humanities, Department of Social Development
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageEnglish
Detected LanguageUnknown
TypeMaster Thesis, Masters, MA
Formatapplication/pdf

Page generated in 0.0028 seconds