Return to search

Criteria for a paradigm shift in South Africa towards the living organisation

M.Comm. / Moderne organisasies ondervind hernude druk van interne en eksterne faktore en voortdurende verandering word genoodsaak. Suid-Afrikaanse organisasies vorm nou meer as ooit tevore deel van die globale wereld en moet sodoende ook meer buigsaam wees om internasionaal te kan meeding. In hierdie verhandeling word daar gekyk na moontlike nuwe organisasie vorme en die strewe na 'n sogenaamde "Lewende Organisasie" word beklemtoon. Daar is soveel aspekte wat reeds sigbaar is in die natuur en daar kan 'n spesifieke verwantskap getrek word na natuurlike verskynsels en organisasie-sisteme. Organisasies bestaan uit individue wat as 'n somtotaal 'n geweldige magdom kennis daarstel en ook sodoende gesien kan word as die DNA van organisasies. Die enkele belangrikste beskouing is dus om die paradigma te skuif oor die sienswyse van organisasies. Organisasies is nie meer masjiene nie, maar moet beskou word as "Iewende organismes" en dus "Lewende Organisasies". Met Suid-Afrika wat deel vorm van die wereld-mark, kan dit vereis dat organisasies meer sensitief sal moet wees vir omgewings-invloede en die aanpassing by verandering 'n sleutelrol kan speel. Die tyd is ryp vir Suid-Afrikaanse organisasies om deur te breek in internasionale markte. Hierdie verhandeling sal dus dien as 'n raamwerk om elemente te identifiseer wat krities kan wees vir toekomstige sukses asook die fondasie daarstel vir verdere navorsing in organisasie vorme.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:10209
Date12 September 2012
CreatorsTheron, Jacobus Wouter Francois
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0092 seconds