Return to search

'n Dimensionele grammatiese beskrywing van hulpwerkwoorde in Noord-Sotho.

Die doel van die studie is om ‘n oorhoofse grammatiese beskrywing te doen van hulpwerkwoorde wat as subkategorie van die woordklas werkwoord funksioneer. Sodanige beskrywing behels onder meer die identifisering en klassifisering van taalvorme wat as hulpwerkwoorde funksioneer. Die grammatiese aard van hierdie taalvorme word in taalkonteks semanties, sintakties en morfologies ontleed, met spesiale fokus op die diakroniese ontwikkelingsgang wat hierdie taalvorme kenmerk. Kategorie- en rangverskuiwing wat deurlopend in die ontwikkelingsproses met toepaslike voorbeelde toegelig word, vorm ‘n belangrike basis waarop die studie gebaseer is. Verder word daar veral aandag bestee aan die semantiese kenmerke van hulpwerkwoordgroepe wat tot op hede weinig aandag van grammatici ontvang het en verskeie voorbeelde word nougeset ontleed. Kategorie- en rangverskuiwing in die ontwikkelingsproses word deurlopend aangetoon. / Prof. L.C. Posthumus

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:14478
Date06 December 2007
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0026 seconds