Return to search

Suksesfaktore vir die uitvoerbemarking van industriƫle produkte

D.Comm. / Die identifisering en evaluering van suksesfaktore is 'n baie belangrike aspek in die strategiese beplanningsproses. Dit vorm die hoeksteen waarop 'n onderneming se strategie rus en dit dien as integrasiemeganisme tussen bestuur se langtermyn doelwitte en die kanalisering van skaars hulpbronne. Suksesfaktore kom basies op alle terreine binne die onderneming voor. Die terreine kan in drie groepe gegroepeer word, naamlik: die makro-omgewing (die onbeheerbare eksterne veranderlikes soos politiek, ekonomie, tegnologie, mededingers, en so meer insluit). Tweedens die mikro-omgevving (die onderneming self, oftewel die beheerbare interne situasie wat die onderneming se hulpbronne en sy mense insluit) en laastens die aard en omvang (eiesoortigheid) van die bedryfstak. Alhoewel suksesfaktore op basies alle terreine van die onderneming voorkom, verskil die faktore van bedryfstak tot bedryfstak en self van onderneming tot onderneming. Verskillende tegnieke kan gevolg word om suksesfaktore te identifiseer. Die tegnieke kan afsonderlik of gesamentlik gebruik word om moontlik suksesfaktore te identifiseer. Alle geidentifiseerde faktore is nie noodwendig suksesfaktore nie. Vir die gedentifiseerde faktore om as suksesfaktore geldassifiseer te word, moet dit: Die internasionale makro-omgewing is saamgestel uit verskeie elemente, te wete: die ekonomie, geologie en infrastruktuur, tegnologie, mededinging, die sosiokulturele, politiek en wetlike aspekte. Die ekonomie van 'n land kan onderverdeel word in verskeie aspekte naamlik: die grootte van die mark, die aard van ekonomiese aktiwiteite, handelsblok, beskerming en handelsbeperkinge. Elk van hierdie aspekte hou potensiele kritiese suksesfaktore vir ondernemings in. Die internasionale fisiese omgewing is hoofsaaklik saamgestel uit geografie en infrastruktuur. Geografie is die fisiese eienskappe van elke mark in terme van afstand, topografie, klimaat, weersomstandighede en natuurlike hulpbronne, terwyl infrastruktuur weer energie, vervoer en kommunikasie insluit. Kultuur word gesien as die aspekte wat meebring dat samelewings van mekaar verskil. Kultuur word aangeleer en is rue aangebore eienskappe nie. Kultuur kan tereg beskou word as 'n mensgemaakte omgewing. Alle aktiwiteite van die mens kan in vyf dimensies verdeel word en uit hierdie dimensies is kultuur saamgestel. Die dimensies is: Materiele kultuur: tegnologie en ekonomie; Sosiale instelling: sosiale organisasie, opvoeding en politieke strukture; Sedes: oortuigings, godsdiens, bygelowigheid en verwante magstrukture; Die estetiese: grafiese kuns, musiek, drama, dans en volkskunde; en Taal. Die politieke bestel en regering bepaal die klimaat waarin internasionale handel plaasvind. Ondernemings wat internasionale markte betree, moet deeglik kennis dra van die huidige vorm van regering, die stabiliteit van die regering en permanensie van regeringsbeleid. Ondernemings moet ook bewus wees van die feit dat hulle die prooi van politieke aksies kan wees. Die regering van die dag bepaal en maak die wette wat in 'n land gebruik word. Landswette en die toepassing daarvan verskil van land tot land. Dit is nie moontlik om 'n enkele wet as 'n suksesfaktor uit to lig nie, maar die kontrak tussen 'n onderneming en die gasheerland kan as 'n suksesfaktor uitgelig word. Tegnologie beteken in bemarking die toepassing van bestaande kennis, wat gebaseer is op wetenskaplike ontdekkings, uitvindings en innovasies. Nie alle lande is tegnologies ewe ver gevorderd nie en daarom moet 'n onderneming ag slaan op die tegnologiese gaping tussen lande voordat daar in die gasheerland bele word. Uit die hoofstuk kan die volgende as krities beskou word vir die bemarking van industriele produkte oorsee.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:3068
Date22 August 2012
CreatorsWiid, Johannes Arnoldus
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.1324 seconds