Return to search

The perceptions of the school management team regarding the institutional development and support officials.

Die Inrigting ontwikkelings en ondersteuningsbeampte ( IOOB) in die departement van onderwys vervul ‘n belangrike rol om te verseker dat onderwys transformeer en dat die skool se bestuurspan georiënteer word om ‘n kultuur van onderwys en onderrig te bewerkstellig. Onlangse konsepte van onderwysleierskap demonsteer ‘n beweging weg van tradisioneel-outoritêre modelle, na ‘n meer demokratiese en deelnemende wyse. Die doel van die navorsing was om die persepsies van die skool se bestuurspan ten opsigte van die rol van die Inrigting ontwikkelings en ondersteuningsbeampte (IOOB) in the Ekurhuleni-Oos Distrik 5, te ondersoek. Die IOOB’s moet die skole se bestuurspanne toerus en ontwikkel, sodat die gehalte van onderwys en onderrig kan verbeter. ‘n Gestruktureerde vraelys wat bestaan uit 32 items is aan distrik 5 se skole se bestuurspanne uitgedeel, sodat hulle persepsies van die IOOB’s vasgestel kon word. Vrae is geformuleer in verband met aspekte van onderwysbestuur en onderrig. Die voltooide vraelyste is aan STATKON by the Universiteit van Johannesburg oorhandig, waar die data verwerk is. Die ontleding en interpretasie van die empiriese data is bespreek. Die konstrukgeldigheid van die navorsingsinstrument is deur middel van twee opeenvolgende faktoranalitiese prosedures ondersoek en sodoende is die 32 items tot twee faktore gereduseer, naamlik: • Die doeltreffende leierskap en bestuur van die IOOB, bestaande uit 14 items met ‘n betroubaarheidskoëffisiënt van 0,967; • Die ingrypingstrategie en ondersteuning van die IOOB, bestaande uit 18 items met ‘n betroubaarheidskoëffisiënt van 0,964.Die statistiese ontleiding van die navorsing is beperk tot ‘n vergelyking van een voorbeeld van twee onafhanklike groepe en een voorbeeld van drie of meer onafhanklike groepe. Hipoteses is gestel en meervoudige statistiese tegnieke is gebruik om die data te ontleed en te interpreter. Na hierdie oorsigtelike opsomming van die aspekte wat in die huidige navorsing aangeraak is, word belangrike bevindings wat uit die navorsing voorspruit gemaak. / Prof. B.R. Grobler

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:3317
Date23 June 2008
CreatorsAheer, Praneeta Chundranath
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0035 seconds