Return to search

Die begrip stelselingenieurswese en aspekte in die bestuur van stelselingenieursfunksies

M.Comm. / In hierdie studie is daar gekyk na aspekte van bestuur in stelselingenieurswese. Ondersoek is ingestel na wat stelsels en stelselingenieurswese is, en waarom die bestuur van 'n stelselingenieursfunksie anders is as die bestuur van 'n funksionele lynfunksie. Sekere metodes en hulpmiddels is ook bespreek wat die projekbestuurder kan help in die uitvoering van sy taak. Hoofstuk twee handel oor stelsels en die begrip stelselingenieurswese. Hierdie hoofstuk dien as agtergrond vir hoofstukke drie en vier, wat handel oor bestuursaspekte in stelselingenieurswese. Die volgende afleidings oor die eienskappe van stelsels word in hoofstuk twee gemaak • 'n SteIsel bestaan uit verskillende komponente 'n Stelsel het 'n inset, uitset, en beheermeganisme Die komponente van 'n stelsel is op 'n funksionele wyse van mekaar afhanklik. Die eienskappe en gedrag van elke komponent in die stelsel het 'n irrvioed op die eienskappe en gedrag van die stelsel as 'n geheel. Daar is 'n spesifieke doelwit of funksie wat deur die stelsel bereik moet word.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:3488
Date04 September 2012
CreatorsStoltz, Gert Hendrik
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.002 seconds