Return to search

Educator perceptions of developmental appraisal : implications for whole school evaluation.

M.Ed. / Met die bekendstelling van die nuwe Ontwikkelingstakseringstelsel (OTS) het ‘n donker era (van inspeksie en ‘n soeke na foute) tot ‘n einde gekom. Die nuwe deursigtige proses se fokus is op ontwikkeling en die daarstel van ‘n persoonlike groeiplan vir alle opvoeders. ‘n Siening dat daar by elke onderwyser nog areas van ontwikkeling moontlik is lê moontlike tekortkominge bloot maar fokus hoofsaaklik op die positiewe. Verslae sal eerder erkenning gee as dit vermag is en so ‘n positiewe gesindheid help kweek. Met die ou sisteem wat bloot foute gesoek het , het die proses ‘n vrees laat ontstaan vir die proses van assessering. Die nuwe sisteem sal kredietwaardigheid moet toon voordat die oorgrote meerderheid dit sal vertrou. Die ontwikkelaars van die stelsel glo dat as personeel die proses deurgegaan het, hulle meer vertroue daarin sal ontwikkel. ‘n Gestruktureerde vraelys is uitgestuur na openbare skole met die fokus op “Leerlinge met spesiale onderwysbehoeftes”(LSOB). Hierdie navorsingsinstrument fokus op aspekte wat bydrae tot die suksesvolle implementering van die Ontwikkelingstakseringstelsel (OTS). Opvoeders se gesindheid word dan heens die OTS geanaliseer. Hierdie ontleding word dan deur ‘n verskeidenheid van toetse bestudeer en beskryf. Die vraelyste wat aan “LSOB” skole gestuur is, is gebruik om afleidings te maak hoe opvoeders oor die implementering van die nuwe sisteem voel. ‘n Verskeidenheid van bevindinge en aanbevelings word uit die literatuur en empiriese studie gemaak. Onderwerpe vir moontlike verdere studie en navorsing sluit die studie af.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:8121
Date09 February 2009
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0024 seconds