Return to search

Riglyne vir christelike kruiskulturele beraad.

Die AGS het tot vier jaar gelede as vier ras gesegregeerde kerke gefunksioneer. Elke kerk se lidmate het uit ras- eie lidmate bestaan. Berading was binne kultuur-eie konteks gedoe n. Die beradingsopleiding van die pastoralekorps was ook op kultuur-eie beginsels gebaseer. Na die verenigingsproses van hierdie vier kerklike afdelings het die k u l t u u r -eie karakter van sommige gemeentes verander na multikulturele gemeentes. Dit het nie net nuwe uitdagings gebring nie, maar ook nuwe spanning ten opsigte van kruiskulturele beraad. Die pastor bevind homself in die posisie dat daar nou oor kultuurgrense heen, aan kultureel minder bekendes berading verskaf moet word. Bestaande beradingsmodelle kan nie summier op die unieke Suid- Afrikaanse konteks van toepassing gemaak word nie. Die kulturele diversiteit van Suid -Afrika lê nie net in die verskillende volkere nie, maar ook binne die realiteit dat ons met onder andere `n Westerse wêreldbesko uing en ‘n tradisionele Afrika wêreldbeskouing te make het. Bestaande beradingsmodelle is kultuur-eie modelle, en spreek nie die huidige situasie effektief aan nie . / Dr. L.J. Erasmus

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:8139
Date09 January 2008
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0023 seconds