Return to search

How effectively do master's students in computer-based education learn?

M.Ed. / Die doel van hierdie studie is om te bepaal hoe effektief ’n interaktiewe leersisteem gedurende die Meesterskursus in Rekenaar gebaseerde onderrig te RAU, is. Ten einde hierdie navorsingsdoel te bereik, is die volgende doelwitte as riglyn vir die navorsing geformuleer: • om ’n literêre oorsig te verkry ten einde vas te stel hoe die effektiwiteit van leer bepaal kan word; • om ’n evalueringsinstrument op te stel wat die effektiwiteit van leer bepaal deur die gebruik van die Kirckpatrick-model vir leerevaluering; en • om te bepaal, deur middel van ’n evaluerings- gevallestudie, hoe effektief studente in hierdie ondersoek geleer het om ’n onderrigplan te ontwerp deur middel van ’n interaktiewe leersisteem. Die rasionaal van die studie het tot die volgende navorsingsvraag, gelei: “Hoe effektief het Meestergraad-studente in rekenaargebaseerde die ontwerp van ’n onderrigplan onder die knie gekry deur gebruik te maak van ’n interaktiewe leersisteem?” ’n Kwalitatiewe navorsingsbenadering is gevolg. Die navorsingsmetode wat vir hierdie studie gebruik is, is ’n gevallestudie wat ’n in-diepte begrip van die leerderondervinding en effektiwiteit van leer, geskep het deur gebruik te maak van WebCT. Metodes om data te versamel, om hierdie spesifieke navorsing uit te voer, bestaan uit ’n literatuurstudie (vir die daarstelling van die begrips- en teoretiese raamwerk) asook; en ’n gemengde data-versamelingsmetode wat insluit: waarnemings, vraelyste, onderhoude en die dokument-analise. ’n Kort inleiding van die data-analise, die strategieё wat gevolg is om die betroubaarheid van die studie te waarborg, en ’n beknopte beskrywing van die etiese aspekte wat in ag geneem is vir hierdie studie, is ingesluit. ’n Wye oorsig van die toepaslike literatuur vir hierdie navorsingsondersoek word voorsien. Om die navorsingsvraag te beantwoord, is die begrip leer, eerstens verken en verduidelik deur gebruik te maak van drie leerteorieё, naamlik, Gedragsteorie, Kognitiewe Teorie en Konstruksie-teorie. Tweedens, deur te fokus op die ondersoek van “hoe om die effektiwiteit van leer te meet”, is vier paradigmas en verskeie evalueringsmodelle bestudeer en bespreek. Laastens is Kirckpatrick se viervlak-evalueringsmodel ook bestudeer en bespreek. Hierdie model is gekies as ’n gepaste evalueringsmodel vir die betrokke studie. ’n Oorsig van die Meesterskursus en die onderrigprogram WebCT is gegee. Die werking en samestellende dele van WebCT, wat gebruik is vir hierdie kursus, word kortliks beskryf. Die gekose tema (Tema 5 - Die teorie oor die ontwerp van ’n onderrigprogram) wat gebruik is vir hierdie studie, is ook beskryf en bespreek. Die bevindinge van Vlak Een - Reaksie-evaluering wys dat die kursus se doelwitte bereik is en dat studente die verlangde leeruitkomste ten opsigte van Tema 5 bereik het. Die studente se oorsigtelike evaluering van die onderrigprogram, WebCT was oor die algemeen goed. Volgens die evaluering van die toepaslikheid van die inhoud van Tema 5, wys die bevindinge egter dat die ontwerp van ’n onderrigplan nie heeltemal van toepassing was op elke student se werk nie. Die bevindinge van Vlak Twee - Leerevaluering wys dat na die onderrig van Tema 5, die kennis en vaardighede van die studente oor die ontwerp van ’n onderrigplan aansienlik vermeerder het. Die meerderheid van die studente het ’n positiewe uitkyk gehad oor wat hulle geleer het uit Tema 5. Die bevindinge van Vlak Drie - Gedragsveranderings-/Oordrag van leer-evaluering wys dat die meerderheid studente hulle gedrag op ’n positiewe manier, ten opsigte van Tema 5, verander het. Die bevindinge van hierdie Vlakevaluering wys egter uit dat dit nodig is om die kennis en vaardighede wat gedurende die onderrig verkry is, deur gebruik in die werksplek te versterk. Die bevindinge van Vlak Vier - Resultate-/Organisatoriese invloed- evaluering wys dat die onderrig van Tema 5 nie ’n sterk invloed op die organisasie van studente gehad het nie.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:8206
Date27 February 2009
CreatorsZhang, Xin Sheng
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0025 seconds