Return to search

Die beregting van die fundamentele reg op toegang tot sosiale sekerheid

LL.D. / In hierdie studie word ondersoek ingestel na die beregbaarheid van sosiale sekerheidsregte as 'n fundamentele reg wat deur die Grondwet verskans word. Die konsep "sosiale sekerheid" is as fundamentele reg bekend gestel in die Suid- Afrikaanse regsisteem deur die insluiting van die reg op toegang tot sosiale sekerheid in artikel 27(1)(c) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 108 van 1996. Artikel 27(1)(c) bepaal soos voig: Elkeen het die reg op toegang tot sosiale sekerheid, met inbegrip van gepaste sosiale bystand indien hulle nie in staat is om hulself en hul afhanklikes te onderhou nie. Artikel 27(2) bepaal soos voig: Die staat moet redelike wetgewende en ander maatreels tref om binne sy beskikbare middele elk van hierdie regte in toenemende mate te verwesenlik. Alhoewel die reg op sosiale sekerheid spesifieke vermeiding in artikel 27(1)(c) geniet, bestaan daar ook ander regte in die Handves van Regte wat as vertakkings of bepaalde risiko's van 'n sosiale sekerheidstelsel beskou kan word. Dit is die reg op toegang tot mediese sorg, die reg op voedsel en water, die reg op toegang tot geskikte behuising, die regte van kinders op sorg, basiese voeding, skuiling, basiese gesondheidsorg- en maatskaplike dienste. Wanneer daar dus na sosiale sekerheidsregte verwys word, sal dit al bogenoemde bepalings insluit. Die term "sosiale sekerheid" in plaas van "maatskaplike sekerheid" sal ook gebruik word omdat eersgenoemde 'n wyer aanwending as Iaasgenoemde het.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:9193
Date14 August 2012
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.002 seconds