Return to search

Faktore wat die leer van rekeningkunde beinvloed

M.Ed. / In die orienterende inleiding van hierdie hoofstuk is aangetoon dat rekeningkundige vaardighede en tegnieke vir die modern besigheidsomgewing baie belangrik is. Hierdie vaardighede en tegnieke is egter nie slegs vir besighede belangrik nie, maar ook vir elke individu in die samelewing. Daar is verder aangetoon dat daar 'n aansienlike tekort aan opgeleide rekeningkundiges uit die etniese (swart) bevolkingsgroepe is. Die noodsaaklikheid van die regstelling van die demografiese wanbalans in die rekeningkundige beroepe, is ook genoem. Die navorser het beklemtoon dat daar faktore bestaan, wat die leer van rekeningkunde reeds op sekondere skoolvlak beinvloed. Hierdie faktore dra moontlik daartoe by dat daar 'n groot tekort aan veral swart rekeningkundiges in die Republiek van Suid-Afrika is. In hoofstuk 2 het die navorser die relevansie wat sekere faktore vir die leer van rekeningkunde het, beskryf. Die faktore wat deur Gagne geidentifiseer is, is as uitgangspunt gebruik. Die navorser het self sekere faktore, as subfaktore van Gagne se faktore, geldentifiseer, aangesien daar in die literatuur voorheen geen spesifieke afbakening geskied het nie. In hoofstuk 3 is die data-insamelingmetode, sowel as die werklike insameling van data, bespreek. Die ingesamelde data is getranskribeer, op rekenaar ingelees, drukstukke is voorberei en deur middel van 'n datamatriks geanaliseer. Die faktore wat deur die respondente as belangrik vir die leer van rekeningkunde beskou is, is as navorsingsresultaat beskryf. Uit die analisering van die navorsingsdata, paragrawe 3.9.1 tot 3.9.6 hierbo, blyk dit asof daar enkele baie belangrike faktore, wat die leer van rekeningkunde beinvloed, in die praktyk voorkom. Hierdie faktore kan veral in die volgende kategorie of groepe ingedeel word: algemene 98 rekeningkundige voorkennis, onderrigtaal, persoonlike eienskappe van die leerder; die skool, die klaskamer en die onderwyser. In hoofstuk 4 word die inligting uit die twee navorsingsbronne, naamlik die literatuurondersoek en die onderhoude, met mekaar vergelyk om sodoende die werklike faktore wat die leer van rekeningkunde beInvloed, to identifiseer.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:9288
Date15 August 2012
CreatorsBam, Andrias Jacobus
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0019 seconds