Return to search

Die aftrekking van herstelkoste ingevolge artikel 11 (d) van die Inkomstebelastingwet, no. 58 van 1962

M.Comm. / Herstelwerk vorm 'n belangrike gedeelte van die koste-struktuur van ondernemers. Natuurlike verwering en agteruitgang het tot gevolg dat herstelwerk aan sekere bates gedoen word. Meeste persone het 'n persepsie wat herstelwerk verteenwoordig. Die persepsie van wat ondernemers beskou as herstelwerk is nie noodwendig in ooreenstemming met artikel 11(d) van die Wet nie asook toetste wat deur die howe neergele is nie. Ten einde 'n sinvolle uiteensetting te verskaf was dit nodig om die onderwerp in sinvolle komponente te verdeel. Die inleidende paragraaf tot artikel 11 is eers ontleed aangesien dit ook die inleidende paragraaf tot artikel 11(d) – wat handel oor herstelwerk -verteenwoordig. Vervolgens is artikel 11(d) van die Wet ontleed ten einde die studie in konteks te plaas. Die begrip van herstelkoste is daarna ontleed en 'n onderskeid is gemaak met faktore wat kan dui op 'n verbetering. Die invloed van koste op beslissings is ook ondersoek. Met betrekking tot die inleidende paragraaf van artikel 11 is gevind dat "belasbare inkomste" bereken word deur van "bruto inkomste" vrystellings (soos in artikel 10 van die Wet uiteengesit) of te trek en daarna die ander aftrekkings soos in die Wet uiteengesit. Een van hierdie aftrekkings is herstelwerk wat in artikel 11(d) van die Wet uiteengesit word en die onderwerp van hierdie studie is. Aangesien hierdie "belasbare inkomste" deur 'n "persoon" verdien moet word is hierdie begrip ontleed. Daar is gevind dat die begrip "persoon" 'n afdelingsraad, munisipale raad, dorpsbestuur of derglike gesag; 'n maatskappy (of beslote korporasie); enige liggaam van persone, 'n natuurlike persoon; 'n vereniging van persone; die boedel van 'n oorlede persoon; 'n insolvente boedel en 'n trust insluit. Voordat 'n aftrekking toegestaan kan word om "belasbare inkomste" te bereken moet 'n "persoon" 'n bedryf "beoefen". Daar is vasgestel dat beoefen `n daadwerklike optrede moet wees en dat die "persoon" homself daarop moet toele. In die studie is gevind dat die begrip "bedryf' baie wyd is en nie uitputtend is nie. Daar is wel 'n omskrywing in artikel 1 tot die Wet maar die vraag of 'n bedryf beoefen word moet op grond van die feite beslis word. Met betrekking tot artikel 11(d) is eerstens gevind dat "onkoste" en "uitgawes" dieselfde betekenis het. Daar is vervolgens bevind dat daar 'n onvoorwaardelike regsaanspreeklikheid in die jaar van aanslag moet wees voordat die onkoste as 'n aftrekking toegelaat sal word. Alhoewel daar nie hofsake is wat handel oor die betekenis van "eiendom" ingevolge die spesifieke bepalings van artikel 11(d) nie word die afleiding gemaak dat dit verwys na geboue. Dit is 'n vereiste dat die eiendom of vir bedryfsdoeleindes geokkupeer moet word Of die eiendom moet in staat wees om inkomste voor te bring.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:9349
Date15 August 2012
CreatorsBrits, Mathys Michael
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0022 seconds