Return to search

Die bestuur en funksionering van 'n voertuigtoetsstasie in 'n gedereguleerde omgewing.

M.Comm. / Soos reeds vermeld bring die afkondiging op 14 Februarie 1991 van regulasie 265 in Goewennentskennisgewing no. 125 van die Wet mee dat registrasie-owerheidsbeheerde toetsstasies hul vir die eerste keer sedert 1931 in mededinging met die privaat sektor bevind. 6 Die probleemstelling in die onderhawige studie is of die JMVT in die huidige konteks mededingend en lewensvatbaar kan bly, inaggenome die skerp daling in die volume voertuie wat ondersoek word met 'n gepaardgaande verlies aan inkomste. Verder watter strategiese stappe geneem of aksies ingestel moet word om dit mededingend te maak en of privatisering as 'n strategiese alternatief vir die JMVT oorweeg behoort te word. Indien wel, watter vorm van privatisering sal die geskikste wees, gegewe deregulerende wetgewing wat reeds in werking getree het. Die doel van die studie is om 'n aantal strategiese aksies te identifiseer wat die JMVT onmiddellik en oor die lang termyn moet ondemeem om te verseker dat dit in 'n gedereguleerde omgewing sal kan meeding en lewensvatbaar sal bly. Uit die strategiese aksies wat geidentifiseer word, sal die aksie wat die grootste moontlike voordeel vir die Stadsraad inhou, geselekteer word en sal die lewensvatbaarheid van sodanige aksies ondersoek word.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:9423
Date15 August 2012
CreatorsVan Heerden, Daniel Jacobus
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0015 seconds