Return to search

Die rol van organisasiekultuur by strategie-verandering

M.Comm. / Suid-Afrika is besig om snellende fundamentele veranderinge op politieke, ekonomiese en sosiale gebied te ervaar wat 'n wesenlike treficrag op die bedryf van ondernemings het. Vir ondernemings om te oorleef moet hulle voortdurend aanpas en derhalwe moet hulle beskik oor 'n dinamiese strategie wat deurentyd aanpas by die veranderde omgewing. `n Veranderde omgewing vereis heel dikwels herorganisasie. Lae produktiwiteit en behoeftes wat deur verbruikers gestel word soos onder andere, waarde vir geld, goeie en verbeterde dienslewering, en nuwe tegnologie is enkele faktore wat die onderneming noodsaak om voortdurend aan te pas. Strategie is 'n rasionele bestuursproses wat tot aksies lei om 'n onderneming se produkte en dienslewering aan te pas by 'n spesifieke mark of groep verbruikers. Organisasiekultuur verskaf ondersteuning aan die strategie en beinvloed die sukses tydens die implementeringsfase (Robert et a1.,1994:47). Uitvoerende bestuurders sou waarskynlik van mening wees dat die twee mees kritiese aspekte vir die ondememing in die volgende eeu die bereiking is van die diepste vlakke van kreatiwiteit en die hoogste vlaklce van produktiwiteit van hulle werknemers. In 'n wereld van globale mededinging en waar kennis en tegnologie vrylik oor internasionale grense vloei, besef bestuurders dat die enigste wyse om 'n werklike volhoubare mededingende voordeel te skep, deur die aanwending van menslike hulpbronne is. Hierdeur word maatskappye gedwing om hulle organisasiekulture en —waardes weer in oenskou te neem. Visioenere leiers besef dat werknemerselfvervulling, sosiale verantwoordelikheid en omgewingsbestuur die sleutels is tot verhoogde produktiwiteit en kreatiwiteit in die toekoms (Barret, 1998). Vele maatskappye verander hulle organisasiekulture om hulle mededingendheid te verbeter. Kliente diens, kwaliteit en werknemerbetrokkenheid is slegs enkele faktore waarop gefokus word om die organisasiekultuur ten goede te verander (Gordon, 1996:470).

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:9981
Date11 September 2012
CreatorsHalforty, Cedric
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.111 seconds