Return to search

Bestuur van verandering aan technikons

M.Comm. / Die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel van vandag het met groot, nuwe uitdagings en ingrypende veranderings te kampe. Daar moet voldoende fasiliteite en personeel vir die toenemende aantal skoliere en die groeiende studentebevolking voorsien word en terselfdertyd moet standaarde gehandhaaf word. Transformasieprosesse is aan die orde van die dag en 'n algehele onderwysintergrasie is aan die gang en die Nasionale Kommissie vir Hoer Onderwys is die spil waarom verdere veranderings in die hoer onderwys sal draai. Hierdie transformasie noodsaak innoverende bestuur en onderrigprogramme, asook nuwe prioriteite. Daar word baie gese oor die bestuur van verandering, maar 'n duidelike proses word nie uitgelig waarvolgens dit gedoen moet word nie. Die probleem is dat die proses van verandering nie duidelik in ondernemings bespreek word the. Tweede golfbestuurders wil eerder die status quo handhaaf en stabiliteit verseker as om die risiko's van verandering te oorweeg. In die huidige omstandighede in Suid-Afrika is dit belangrik dat ondernemings verander om te kan oorleef. Bestuurspraktyke wat in die verlede toegepas is, is verouderd en onvoldoende om die veranderings waarvoor ondernemings tans te staan kom in positiewe geleenthede te omskep. Soos reeds genoem, is bestaande literatuur geneig om op die leierseienskappe te konsentreer wat nodig is vir die bestuur van verandering, op die kommunikasie van verandering en op modelle waarin die proses van verandering stapsgewys uiteengesit word. Daar is egter spesifieke voorskrifte wat direk verband hou met bovermelde fokusareas wat van kardinale belang is by die bestuur van verandering. Die volgende probleme is uit die voorafbespreking geidentifiseer wat in die verloop van hierdie studie bespreek sal word: Massafikasie - groeiende studentebevolking Tekort aan fasiliteite Verouderde en onvoldoende bestuurspraktyke `n Duidelike proses van verandering Afname in staatsfondse Verandering in arbeidswetgewing Politieke aspirasies van studente Verandering in waardes en norme van studente finplementering van deursigtigheid Aanstellingsprosedures Rol van studenteraad Verwagtinge van studente en personeel Verandering in didaktiese beginsels. In die lig van die agtergrond en probleemstelling van die studie, kan die doelwitte van die studie soos volg geformuleer word: Die primere doel is om die noodsaaklikheid daarvan vir technikons om te verander, te ondersoek. Daarbenewens het die studie ook die volgende doelwitte: Om te bepaal of technikons al verander het. Om te bepaal wie by verandering betrokke is. Om te bepaal of sekere aspekte en faktore tot verandering bygedra het.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:9998
Date11 September 2012
CreatorsVan der Meijde, Adrianus
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0019 seconds