Return to search

Johannes Calvyn en Afrikanerprotes : 'n vergelykende studie van die uitgangspunte en media van protes

Text in Afrikaans / Summaries in Afrikaans and English / 'n Groep Afrikaners onder leiding van die Afrikanervolksf ront bet voor die algemene verkiesing in 1994, hulle aktief teen die veranderinge in Suid-Afrika verset op grond van oenskynlik religieuse motiewe. Hulle bet hulle op die morele gesag van Johannes Calvyn (1509 - 1564) beroep vir hulle uitgangspunte en wyse van protes. In hierdie studie is die uitgangspunte en media van Afrikanerprotes in 1994 vergelyk met die uitgangspunte en media van protes soos wat Calvyn dit verwoord en toegepas bet.
In die proefskrif is eerstens gekyk na die rol wat religie en ideologie in die samelewing vervul en daar is veral gekonsentreer op die onderskeid wat Jacques Ellul tref tussen outentieke geloof en godsdiens in diens van 'n ideologie. Tweedens is die historiese ontwikkeling van Afrikanemasionalisme en die Calvinistiese onderbou daarvan ondersoek. Derdens is 'n kort oorsig oor die Reformasie en 'n lewensbeskrywing van Johannes Calvyn voorsien. Indie vierde plek is die uitgangspunte en media van protes, soos verwoord deur Calvyn, beskryf. 'n Model vir protes is op grond van Calvyn se standpunte afgelei. Vyfdens is Afrikanerprotes voor die 1994-verkiesing beskryf en aan die hand van Calvyn se standpunte beoordeel. In die laaste hoofstuk word tot die
gevolgtrekking gekom dat die uitgangspunte en media van Afrikanerprotes nie voldoen aan die eise wat Calvyn vir protes stel nie. Dit blyk ook dat in die geval van Afrikanerprotes, godsdiens as kommunikasiemedium in 'n ideologiese rol aangewend is. Laastens word enkele voorstelle vir verdere navorsing gemaak. / Prior to the general election in 1994, a group of Afrikaners under the leadership of the Afrikanervolksfront actively resisted the changes in South Africa on the grounds of apparant religious motives. They invoked the moral authority of John Calvin (1509-1564) for their convictions and manner of protest. In this study there is a comparison of the views and media of the Afrikaner protest in 1994 with the views and media of protest as expressed and applied by Calvin.
The thesis begins with a consideration of the role played in society by religion and ideology, concentrating particularly on the distinction drawn by Jacques Ellul between authentic faith and religion in the service of an ideology. Then, the historical development of Afrikaner nationalism and its Calvinistic substructure are examined. Thirdly, there is a short account of the Reformation and the life of John Calvin. The fourth endeavour is to elucidate the views and media of protest, as expressed by Calvin. A model for protest is derived from the study of Calvin's beliefs. Fifthly, there is a description of Afrikaner protest before 1994, based on Calvin's convictions, and judged in terms of his views. The last chapter arrives at the conclusion that the premises and media of Afrikaner protest do not comply with the requirements for protest set by Calvin. Moreover, it appears that, int the case of Afrikaner protest, religion was used as a medium of ideological communication. The thesis concludes with several suggestions for further research. / Communication Science / D.Litt. et Phil. (Communication Science)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/16689
Date11 1900
CreatorsDu Plessis, Daniël Frederik, 1959-
ContributorsRoelofse, J. J. (Jacobus Johannes)
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 online resource (292 leaves)

Page generated in 0.0455 seconds