Return to search

Nie-gewelddadige aksie (NGA) en die ontwikkeling van swart plaaslike regering : 'n histories-kritiese ontleding, 1982 tot 1994

Text in Afrikaans / Suid-Afrika het as gevolg van apartheid vir etlike dekades oor 'n gedeeltelik legitieme plaaslike regeringstelsel beskik. Die probleem is dat die land se apartheidsregering afsonderlike stelsels vir blankes en swartes in aparte woongebiede in stand gehou het, welke beleid vir meeste Suid-Afrikaners onaanvaarbaar was. Swart plaaslike owerhede wat swart plaaslike regering moes bedryf, was nog polities nog ekonomies lewensvatbaar. Die rede hiervoor is dat hul enersyds deur die gemeenskap verwerp is en andersyds nie voldoende inkomstebronne gehad het om plaaslike owerheidsdienste finansieel onafhanklik te lewer nie. Stedelike swart gemeenskappe was aan 'n, vir hulle, onaanvaarbare apartheidsgestruktureerde swart plaaslike regeringstelsel onderworpe. Swart plaaslike owerhede was voorts as gevolg van hul ekonomiese nie-lewensvatbaarheid, gekniehalter in die lewering van plaaslike owerheidsdienste asook die daarstelling en instandhouding van kapitale ontwikkelingsprojekte. Stedelike swartes was dus blootgestel aan gebrekkige dienslewering in aparte, onderontwikkelde "slaapdorpe" waar hulle noodgedwonge moes woon. 'n Vraag waarna gevolglik gekyk word, fokus op die kenmerke van 'n ideeeltipiese
model van plaaslike regering wat die gedeeltelik legitieme stelsel behoort te vervang. As gevolg van die onaanvaarbaarheid van die swart plaaslike regeringstelsel was swart plaaslike owerhede sedert die vroee tagtigerjare die teikens van aksioniste teen hierdie apartheidsproduk. Aksioniste het nie-gewelddadige aksie (NGA), geskoei op die Gandhiaanse filosofie en metodiek van Satyagraha, aangewend ten einde swart plaaslike owerhede te vernietig. NGA (wat dikwels ook tot gewelddadigheid gelei het), het tot gevolg gehad dat die
owerheid later noodgedwonge 'n nuwe plaaslike regeringstelsel vir die totale Suid-Afrikaanse samelewing, met alle deelvennote moes beding. Onderhandelings het vervolgens meegebring dat 'n oorgangsproses na legitieme (demokratiese) plaaslike regering vir alle Suid-Afrikaners ingevolge die Oorgangswet op Plaaslike Regering, 1993 (Wet No. 209 van 1993) geaktiveer is.
In hierdie proefskrif is gevolglik vasgestel: (1) welke invloed die politieke bedeling
(apartheidsbedeling) op die ontwikkeling van stedelike swart gemeenskappe en die bedryf van
swart plaaslike regering gehad het; (2) wat die aard en effek van NGA op die ontwikkeling
van swart plaaslike regering was; en (3) hoe geldig die onderhandelde plaaslike regeringstelsel
is, vergeleke met die ideeel-tipiese model wat geidentifiseer is. / As a result of apartheid South Africa possessed a partially legitimate local government system for several decades. The problem is that the country's apartheid government maintained separate systems for whites and blacks in separate residential areas, a policy that was unacceptable to the majority of South Africans. Black local authorities who had to maintain black local government were neither politically nor economically viable because they were rejected by the community and lacked sufficient sources of revenue to render financially independent local government services. Urban black communities were subject to what, for them, was an unacceptable apartheid-structured black local government system. Black local authorities were also prevented by their economic nonviability from delivering local government services effectively and from instituting and maintaining capital development projects. Urban blacks were therefore subjected to poor service delivery in separate, underdeveloped "dormitory towns" where they were forced to live. An issue to be considered in this regard concerns the characteristics of an ideal-typical model of local government that should replace this partially legitimate system. As a result of the unacceptability of the black local government system local authorities
became the targets of activists who waged a campaign against this product of apartheid since the early eighties. Activists used non-violent action (NV A), based on the Gandhian principle of Satyagraha, to destroy black local authorities. As a result of NVA (which often led to violence) the central government was eventually forced to negotiate a new local government system for the whole of South African society with all stakeholders. Negotiations led to a process of transition to legitimate (democratic) local government for all South Africans as
promulgated in the Local Government Transition Act, 1993 (Act No. 209 of I 993). Consequently the following has been established in this thesis: (1) the influence of the
political dispensation (apartheid dispensation) on the development of urban black communities
and the maintenance of black local government; (2) the nature and the effect of NV A on the development of black local government; and (3) how valid the negotiated local government
system is, compared to the identified ideal-typical model. / Development Studies / D. Litt. et Phil. (Ontwikkelingsadministrasie)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/16715
Date11 1900
CreatorsDu Toit, Petrus Jacobus Vivier
ContributorsDe Beer, Frik
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 online resource (xiv, 303 leaves)

Page generated in 0.0025 seconds