Return to search

'n Missiologiese evaluering van 'n aantal musiekvideos

Text in Afrikaans / Musiekvideos is 'n integrerende deel van die (rock)-musiekbedryf, hoofsaaklik as reklame vir die kunstenaars en hul musiekopnames. Musiekvideos is verder 'n wesenlike deel van die massamedia, in so 'n mate dat daar verskeie spesialismusiektelevisiekanale is wat 24 uur per dag op al die kontinente uitsaai, wat 'n aanduiding gee van die omvang van musiekvideos. Hierdie videos speel veral 'n vemame rol by die jeug as sub-kultuurgroep. Ook christenmusikante gebruik musiekvideos, en hul videos word gereeld as deel van christelike programme
uitgesaai. Dit is gewoonlik een van die oogmerke van christenkunstenaars om die evangelie deur hul musiek uit te dra, en in die geval van christelike musiekvideos dien hulle dikwels nie net as reklame nie, maar word daar ook 'n christelike boodskap oorgedra, veral in die geval van verhalende en konsepvideos. Daar word na die rol van hierdie videos in die konteks van die christene se benutting van die massamedia gekyk en daar word onder meer 'n teologiese fundering vir die gebruik van die massamedia in die algemeen, asook musiekvideos in die besonder gegee. 'n Aantal musiekvideos van kontemporere musiekkunstenaars soos Carman, Michael W. Smith, Steve Taylor, The Newsboys, en Steven Curtis Chapman word individueel beskryf en vanuit 'n teologiese perspektief beoordeel om te sien hoe suksesvol hulle in die oordra van 'n christelike boodskap is. Daar word 'n vergelyking getref tussen christelike en sekulere musiekvideos en hoe sekere onderwerpe benader word. Sekere tekortkominge, sowel as positiewe aspekte by christelike musiekvideos word as deel van 'n missiologiese reflektering uitgewys. / Christian Spirituality, Church History and Missiology / D.Th. (Missiology)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/17951
Date11 1900
CreatorsDe Bruyn, Jacob Philippus Johannes
ContributorsSaayman W.
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 online resource (v, 220 leaves)

Page generated in 0.0022 seconds