Return to search

Etnisiteit in 'n oorgangsperiode : 'n sociaal-sielkundige studie

Die studie fokus op etnisiteit gedurende die oorgang na 'n nuwe politieke bedeling
in Suid-Afrika. Op teoretiese vlak is aandag gegee aan ideologiese strominge;
dimensies van etnisiteit; die omskrywing van etnisiteit en die onderskeid tussen
etnisiteit en ander vorme van groepidentifisering. Etnisiteit is verder op sosiaalsielkundige
vlak ontleed, terwyl die invloed van ekonomiese, politieke en
staatkundige faktore verreken is. Kontekstuele faktore tydens die ondersoek wat
resultate kon be'invloed, is ook bestudeer.
Die empiriese komponent het 'n vraelysopname in die Pretoria-WitwatersrandVereeniging-
gebied (Gauteng) behels. Onderhoude is gedurende Januarie en
Februarie 1994 voltooi, aan die vooraand van 'n nuwe politieke bedeling.
Ewekansige steekproewe is getrek van 466 swartmense en 460 witmense (347
Afrikaanssprekendes en 113 Engelssprekendes). Patrone van etniese, staatkundige
en rasse-identifisering; die betekenis van etnisiteit vir die individu; persepsies van
die situasie van groepe en faktore wat etniese identifisering kon be"invloed, is
gedek. Die konstrukgeldigheid en dimensies van skale is met hoofkomponent- en
hooffaktorontledings ondersoek. Variansie-ontledings het verskille tussen groepe
ge'identifiseer, terwyl meervoudige regressie-ontledings voorspellers van etniese
identifisering uitgelig het. Belangrike bevindings is die volgende:
* Etnisiteit was 'n belangrike bron van groepidentifisering vir sowel
swartmense as witmense. 'n Sielkundige dimensie - etniese identiteit - wat verband hou met
trots op en lojaliteit teenoor die onsgroep was onderskeibaar.
Sterker etniese identifisering het by alle groepe gekorreleer met
identiteitsverwerwing; betrokkenheid by en eksplorasie ten opsigte van die
onsgroep; minder ambivalente gevoelens oor onsgroeplidmaatskap en 'n
drang om onsgroepbelange te beskerm.
Sterker etniese identifisering het by Afrikaanssprekende witmense met 'n
positiewe selfbeeld en by swartmense met 'n negatiewe selfbeeld
gekorreleer.
Laer onderwyskwalifikasies het by Afrikaanssprekende witmense met sterker
etniese identifisering gekorreleer. Die teenoorgestelde het gegeld vir
Afrikaanssprekendes met hoer onderwyskwalifikasies.
Persepsies van bedreiging het by Afrikaanssprekende witmense met sterker
etniese identifisering verband gehou.
Sterker etniese identifisering het by alle groepe 6f met negatiewe
tussengroepgedrag 6f met negatiewe tussengroephoudings gekorreleer.
Die gevolgtrekking word gemaak dat op alle terreine rekening gehou moet word met
die etniese heterogeniteit van die Suid-Afrikaanse samelewing. / The study focuses on ethnicity during the transition to a new political dispensation
in South Africa. At the theoretical level, attention was given to ideological trends;
dimensions of ethnicity; the description of ethnicity and the distinction between
ethnicity and other forms of group identification. Ethnicity was furthermore
analyzed at the socio-psychological level, while the influence of economic, political
and constitutional factors was also considered. Contextual factors during the
investigation which could have influenced the results were also analyzed.
The empirical component comprised a questionnaire survey in the PretoriaWitwatersrand-
Vereeniging area (Gauteng). Interviews were conducted during
January and February 1994, on the eve of a new political dispensation. Randomly
selected samples were drawn of 466 blacks and 460 whites (347 Afrikaansspeaking
and 113 English-speaking). Patterns of ethnic, national and race
identification; the meaning of ethnicity for the individual; perceptions of the
situation of groups and factors that could influence ethnic identification were
covered. The construct validity and dimensions of scales were investigated by means of
main component and main factor analyses. Variance analyses identified differences
between groups, whereas multiple regression analyses were used to determine
predictors of ethnic identification. Important findings were the following:
* Ethnicity was an important source of group identification for blacks as well
as whites. A psychological dimension - ethnic identity - that related to pride in
and loyalty to the ingro11p was highlighted.
Stronger ethnic identification correlated among all groups with identity
formation; involvement with and exploration regarding the ingroup; less
ambivalent feelings about ingroup membership and an urge to protect
ingroup interests.
Stronger ethnic identification correlated among the Afrikaans-speaking
whites with a positive self-image and among the blacks with a negative selfimage.
Lower educational qualifications correlated among Afrikaans-speaking whites
with stronger ethnic identification. The opposite applied to Afrikaansspeaking
whites with higher educational qualifications.
Perceived threats were associated with stronger ethnic identification among
Afrikaans-speaking whites.
Stronger ethnic identification correlated among all groups either with
negative intergroup behaviour or with negative intergroup attitudes.
It is concluded that ethnic heterogeneity should be taken into account in all spheres
of the South African society. / Department of Psychology / D. Lit. et Phil (Psychology)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/15558
Date06 1900
CreatorsBornman, Elirea
ContributorsAppelgryn, A.E.M.
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageEnglish
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 online resource (xx, 413 leaves)

Page generated in 0.003 seconds