Return to search

Prospekteerregte in die Suid-Afrikaanse mineraal- en mynreg

Text in Afrikaans / Prospektering is een van die eerste en belangrikste stappe
in die mineraalontginningsproses en dit word ondersoek teen
die agtergrond van die Mineraalwet 50 van 1991, wat die
belangrikste "mynwette" herroep en die Suid-Afrikaanse
mineraal- en mynreg in vele opsigte op 'n heel nuwe grondslag
geplaas het. Die hoofdoel met hierdie proefskrif is om
prospekteerregte te sistematiseer en te bepaal of dit beperkte
saaklike regte daarstel.
Ten aanvang word bepaal welke aktiwiteite prospektering
daarstel en welke stowwe regtens as minerale kwalifiseer.
Daar word gekyk na die regte waarvan prospekteerregte dee!
vorm of waaruit dit afgelei word, naamlik eiendomsreg en
mineraalregte. Die afskeiding van minerale van grond, die
afskeiding van mineraalregte van grondeiendomsreg en die
afskeiding van prospekteerregte van mineraalregte en grondeiendomsreg,
asook die inhoud van en beperkings op die
uitoefening van prospekteer- en mineraalregte, word ook
ondersoek. Daar word veral aangetoon dat mineraalregte nie
so wyd is as wat algemeen aanvaar word nie en dat dit 6f by
die af skeiding van die roerende minerale tot niet gaan of
uitgeput raak 6f in eiendomsreg daarop oorgaan.
Prospekteerregte word meestal verleen by wyse van prospekteerkontrakte,
waarvan daar verskillende verskyningsvorme
bestaan en waarvan die een wat in die Registrasie van Aktes
Wet 47 van 1937 omskryf word, as uitgangspunt geneem word.
Aangesien die reg om te myn ook die reg om te prospekteer
insluit, word die verlening van mynregte en antler verkrygings
van prospekteerregte ook behandel.
Alvorens gemeneregtelike prospekteerregte egter uitgeoefen
mag word, meet magtiging daarvoor by die staat verkry word.
Die verlening van statutere prospekteer- en mynmagtigings
het by die inwerkingtreding van die Mineraalwet 50 van 1991
grondige veranderings ondergaan wat tesame met die relevante
oorgangsbepalings ondersoek word ten einde die uitwerking
van die wet op prospekteerregte te bepaal.
Die vereistes vir en die regsaard van die verskillende regte
word ondersoek ten einde 'n oorsig van prospekteerregte daar
te stel en dit vlugtig met veral Australiese reg te vergelyk.
Daar word tot die gevolgtrekking geraak dat blote prospekteerregte
nie beperkte saaklike regte daarstel nie. / Prospecting is one of the first and most important steps in
the minerals exploitation process and is examined against
the background of the Minerals Act so of 1991, which repealed
the most important "mining" legislation and in many ways
placed the South African mining and minerals law on a completely
new basis. The main purpose of this thesis is to
systematise prospecting rights and to establish whether they
constitute limited real rights.
It is at the outset determined which activities constitute
prospecting and which materials qualify in law as minerals.
The rights from which prospecting rights are derived or of
which they form part, namely ownership and mineral rights,
are considered. The severing of minerals from land, the
severing of mineral rights from landownership and the severing
of prospecting rights from mineral rights and landownership,
as well as the contents of and limitations on the
exercising of prospecting and mineral rights, are also
examined. It is in particular shown that mineral rights are
not as comprehensive as is generally accepted and that they
either terminate or are exhausted upon severance of the
movable minerals from the land or are converted into ownership
thereof.
Prospecting rights are mostly granted by way of prospecting
contracts, of which different varieties exist and of which
the one defined in the Deeds Registries Act 47 of 1937 is
taken as the starting point. Since the right to mine includes
the right to prospect, mining rights and other acquisitions
of prospecting rights are also considered.
Before common law prospecting rights may be exercised, however,
authority to do so must be obtained from the state.
Upon the commencement of the Minerals Act 50 of 1991, the
granting of statutory prospecting and mining authorisations
underwent fundamental changes, which are examined with the
relevant transitional provisions to determine the effect of
the act.
The requirements for and the juridical nature of the various
rights are considered in order to establish an overview of
prospecting rights and briefly to compare them mainly with
Australian law. The conclusion is reached that mere prospecting
rights do not constitute limited real rights. / Jurisprudence / LL. D.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/15610
Date06 1900
CreatorsNel, Wilhelmus Jacobus
ContributorsDale, Michael Otto, Van der Walt, A. J. (Andries Johannes), 1956-
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 online resource (xlix, 731 leaves)

Page generated in 0.0029 seconds