Text in Afrikaans / Hierdie navorsing handel oor selfaktualisering as voorspeller van
bestuursukses. In die literatuuroorsig is bestuursukses as
afhanklike veranderlike en selfaktualisering as onafhanklike
veranderlike binne die humanistiese paradigma gekonseptualiseer
en geoperasionaliseer. Die persoonlikheidskenmerke verwant aan
die veranderlikes is bepaal en geintegreer.
Die empiriese ondersoek is binne die funksionalistiese paradigma
aangebied. Die gekose meetinstrumente, naamlik die Bestuursvaardigheidsinventaris
vir die meet van bestuursukses en die
Persoonlike Orientasie-inventaris vir die meet van selfaktualisering
is op 'n ewekansige steekproef van 51 middelvlakbestuurders
afgeneem. Die betroubaarheid van die Bestuursvaardigheids-
inventaris is met behulp van die "Cronbach Alpha
Coeffisient"- metode bepaal. Om te bepaal of selfaktualisering
'n voorspeller van bestuursukses is, is stapsgewyse regressieontledings
gedoen. Die resultate dui daarop dat die
ondersteuningsratio (innerlike orientasie) bestuursukses
beduidend voorspel, sowel as 12 van die 18 kenmerke eie aan
bestuursukses onderskeidelik. / This research deals with self-actualization as predictor of
management success. In the literature review, management
success as the dependent variable and self-actualization as
independent variable, is conceptualized and operationalized
within the humanistic paradigm. The personality chracteristics
inhirent in the variables were determined and integrated.
The empirical investigation is presented within the
functionalistic paradigm. The chosen measuring instruments,
namely the Management Skills Inventory for the measurement of
management success and the Personal Orientation Inventory for
the measurement of self-actualization were administrated by
means of random sampling to 51 middle level managers. The
reliability qf the Management Skills Inventory was determined
by means of the "Cronbach Alpha CoEHfisient"- method. To
determine if selfactualization is a predictor of Management
Success, stepwise regression analysis was done. The results
indicate that the support ratio (inner directedness) predicts
management success significantly, as well as 12 of the 18
personality characteristics inherent in management success,
respectively. / Psychology / M.A. (Industrial Psychology)
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/16833 |
Date | 11 1900 |
Creators | Geldenhuys, Diederik Joachim |
Contributors | Cilliers, Frans |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | Afrikaans |
Detected Language | Unknown |
Type | Dissertation |
Format | 1 online resource (viii, 98 leaves) |
Page generated in 0.0028 seconds