Return to search

Fundamenteel-agogiese besinning oor die eise van kulturaliteit in 'n multikulturele samelewing

Text in Afrikaans / Hierdie proefskrif oor 'n Fundamenteel-agogiese besinning oor die eise van kulturaliteit in
'n multikulturele samelewing beklemtoon kulturaliteit as een van die antropiese
grondvorme en die eise dienaangaande om kulturaliteit te realiseer. Die mens is as
unieke synde in sy gerelasioneerdheid tot sy medesyndes, sy geofisiese omgewing en die
transendentale in-en-aan-die-wereld teenwoordig. As sodanig is hy in gerelasioneerdheid
tot die horn omringende besig om 'n leefwereld te stig. Hy doen dit in die tyd en in
historiese verbondenheid en in medesynsbetrokkenheid met sy medemens.
Sy leefwereldstigting realiseer hy kragtens sy synsfundamentalium van kulturaliteit.
Onderliggend aan sy kulturaliteitvergestaltende leefwereldstigting le 'n bepaalde normeen
waardesisteem. Hierdie norme en waardes dien as riglyne vir sy Ieefwereldstigtende
Dasein.
Kulturaliteitvergestalting is ook nie 'n individuele aangeleentheid nie. Die mens stig sy
leefwereld saam met medesyndes as gemeenskap-in-struktuur volgens gemeenskaplike
norme en waardes. As gemeenskap-in-struktuur organiseer die mens homself as
kollektiewe synde in samelewingsinstellings, waaronder die gesin, skool, kerk en staat.
Hierdie (en ander) samelewingsinstellings speel 'n funksie-spesifieke rol as moveerder van
kulturaliteitvergestalting, wat impliseer dat elke samelewingsinstelling die norme- en
waardesisteem van die gemeenskap waarin hy ageer 6f handhaaf 6f bevraagteken en selfs
nihileer.
Kulturaliteitvergestalting as aangeleentheid wat in die tyd plaasvind, beteken die huidige,
post-moderne tegnokratiese era, is die vergestaltingstyd van kulturaliteitvergestalting. 'n
Verkenning van die post-moderne era toon dat kulturaliteitvergestalting blootgestel word
aan die bedreiginge van die tyd, waaronder die geofiese aftakeling/vernietiging van die
aarde as primere vergestaltingsbodem van kulturaliteit, asook antropies-eksistensiele
bedreiginge wat die outentieke, waardige menswees as Dasein en Sosein as partikuliere,
genormeerde syn erodeer. Hierdie bedreiginge van kulturaliteit figureer as
omgewingskending en -vemietiging asook die dehumaniseringstendense van die
tegnokratiese tirannie op veral sosio-politieke en sosio-ekonomiese terreine.
Om die mens kulturaliteitvergestaltend deur genormeerde leefwereldstigting as
kultuurskepping sy Dasein te laat vergestalt, kan verskeie eise as
moontlikheidsvoorwaarde gestel word. Die eise geld vir die mens as individu en mens-ingemeenskap
en hou verband met die erkenning van sy menswaardigheid, sy norme en
waardes op grond waarvan hy sy Dasein kulturaliteitvergestaltend realiseer, asook die
bewaring en sinvolle benutting van die geofisiese gegewene as bestaansvoorwaarde vir
alle lewe. Slegs dan leef hy voluit. / This thesis highlights culturality as an anthropic fundamentalium and the imperatives
governing it in order to realise culturality. Man as unique being is immanent in his
relatedness to his fellow human beings, his geophysical environment and the transcendental
being in and at the world. As such, man is engaged in creating a life-world within time and
historicity and in co-existential engagement with his fellow man.
Man realises his life-world in terms of the fundamentalium of being pertaining to his
culturality. Underlying his creation of a life-world reflecting his culturality, is a certain
system of values/norms operating as guidelines for his Dasein created by his life-world.
Shaping culturality is not an individual act. Man with his fellow man as society in structure
creates his life-world in terms of common norms/values, organising himself as collective
being in social institutions, including the family, school, church and state, which play a
function-specific role to actuate the creation of culturality, implying that each one either
maintains or questions or even utterly rejects norms/values of the society within which it
operates.
The creation of culturality as something temporal means that the present post-modem
technocratic era serves as a temporal focus for it. Scrutiny of this era shows that the creation
of culturality faces threats posed by this very era, among others the geophysical
despoiling/destruction of earth as the primary locus for the creation of culturality as well as
anthropic-existential threats eroding authentic human dignity as Dasein and Sosein as
particular normed being. These threats are manifested as environmental violation and
destruction as well as the tyrannic technocratic proclivity towards dehumanization, especially
socio-politically and socio-economically.
For man to realise his Dasein by normed creation of a life-world as the creation of culture,
various imperatives may operate as conditions of potentiality for man individually and
socially, relating to his human dignity, the norms/values by which he realises his Dasein
through the creation of culturality as well as the conservation and meaningful utilization of
the geophysical environment as condition of the geophysical environment as erudition for life.
Only then does man fully exist. / Educational Studies / D.Ed. (Filosofie van die Opvoeding)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/17249
Date06 1900
CreatorsLouw, Pieter van der Byl
ContributorsRoelofse, J. J. (Jacobus Johannes)
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 online resource (xi, 210 leaves)

Page generated in 0.0181 seconds