Return to search

Die doeltreffendheid van 'n opleidingskursus in kreatiwiteit

Die doel van die navorsing was om die doeltreffendheid van 'n opleidingskursus in
kreatiewe vaardighede te evalueer. Die navorsingsprosedure is volgens die Solomonviergroepontwerp
beplan, maar kon nie deurgevoer word nie weens 'n tekort aan
proefpersone. Die navorsingsontwerp het bestaan uit 'n eksperimentele groep wat die
opleidingskursus deurloop en 'n voor- en natoets afgete het, 'n kontrolegroep wat die
opleidingskursus deurloop en 'n natoets afgete het, en 'n tweede kontrolegroep wat slegs
getoets is. Die nieverbale toets van die Torrance Tests of Creative Thinking is gebruik
om die uitwerking van die opleiding te bepaal. Die interbeoordelaarsbetroubaarheid van
die meetinstrument is bewys. Die resultate dui aan dat die doeltreffendheid van die
opleidingskursus nie deur die geslag of kwalifikasies van die proefpersone beinvloed is
nie. Verder is bevind dat proefpersone wat voor opleiding lae tellings vir kreatiwiteit
behaal het, meer gebaat het by kreatiwiteitsopleiding as persone wat hoe tellings behaal
het. Die navorsingshipotese, naamlik dat die oplei~ingskursus sal lei tot 'n verbetering
in die kreatiewe vaardighede van die proefpersone, is bevestig / The aim of the study was to evaluate the effectiveness of a training course in creative
abilities. The research was structured according to the Solomon four-group design. It
failed, because the sample size was inadequate. The research design consisted of an
experimental group that had completed the training course and was pretested and
posttested, a control group that had completed a course and was posttested, and another
control group that was tested once. The nonverbal test of the Torrance Tests of Creative
Thinking was used to determine the training results. The inter-rater reliability of the test
was confirmed. The results of this study suggested that the sex and qualifications of the
subjects were nonsignificant. However, subjects who rated poorly before training
benefited most by training. The research hypothesis which stated that training in
creative ability will lead to improvement of creative ability, was confirmed / Psychology / M.A. (Sielkunde)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/17770
Date11 1900
CreatorsVan Vliet, Rouxna Janel
ContributorsVisser, J. D.
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageEnglish
TypeDissertation
Format1 online resource (iii, 144 leaves)

Page generated in 0.0025 seconds