Return to search

De Facto huwelike :

Text in Afrikaans, abstract in Afrikaans and English / Die regsposisie van die deelgenote tot 'n de facto huwelik word krities ondersoek met
inagneming van die huidige Suid-Afrikaanse regsposisie, oorsigtelike regsvergelyking,
die morele argument, en die invloed van die Grondwet van Suid-Afrika. Die
verskillende vorme van de facto huwelike in sy bree interpretasie word in oenskou
geneem en die volgende verbindings word bespreek: saamwoonverhoudings;
inheemsregtelike huwelike; huwelike voortspruitend uit godsdienstige tradisies; en
homoseksuele huwelike.
Dit word gevind dat die Suid-Afrikaanse regsposisie tans baie onbevredigend is.
Sekere voorstelle vir wysigings word aan die hand gedoen, en daar word gewys op
die unieke kenmerke van die Suid-Afrikaanse situasie wat in ag geneem moet word
in die vorming van 'n nuwe benadering. Dit word bepleit dat die regslui die uitdaging
moet aangryp en met innoverende denke 'n nuwe bestel vir die Suid-Afrikaanse reg moet skep wat buigbaar en soepel is, maar terselfdertyd regsekerheid bevorder. / The legal status of the parties to a de facto marriage is investigated, taking into
consideration the present South African position, legal comparison, the moral
argument, and the influence of the Constitution of South Africa. The different forms
of the de facto marriage in its wide interpretation are reviewed and the following
relationships are discussed: cohabitation relationships; customary marriages;
marriages resulting from religious traditions; and homosexual relationships.
It is found that the present South African legal position is very unsatisfactory. Several
suggestions for amendments are made, and the unique characteristics of the South
African situation to be taken into consideration in forming a new approach, are
highlighted. It is pleaded that the legal profession accept the challenge to create, with
innovation, a new system for South African law which will be flexible, but, will at the same time ensure certainty in law. / Private Law / LL. M.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/17997
Date01 1900
CreatorsDercksen, Elsje Jacoba Johanna, Heaton, J.
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Format1 online resource (x, 79 leaves)

Page generated in 0.0026 seconds