Return to search

Die vierde genre : De plaag (Van Reybrouck) as voorbeeld van literêre niefiksie

Hierdie studie ondersoek vrae rondom die aard van literêre niefiksie - ook die vierde genre genoem. Die bestaande drieledige genreklassifikasiesisteem maak nie voldoende voorsiening vir tekste waarin die grense tussen feit en fiksie opgehef word nie. Die toename van sodanige hibriede tekste noodsaak dus ‘n uitbreiding van tradisionele genrekategorieë tot ‘n vierde, naamlik dié van literêre niefiksie. Dié ondersoek poog om vrae rondom literêre niefiksie te beantwoord met verwysing na De plaag: het stille knagen van schrijvers, termieten en Zuid-Afrika (2001) van David van Reybrouck. Dié teks dokumenteer Van Reybrouck se ondersoek na die bewering dat Maurice Maeterlinck die termietnavorsing van Eugène Marais sonder erkenning oorgeneem het. Tydens sy navorsingsreis maak Van Reybrouck kennis met die verwikkeldhede van ‘n postapartheid Suid-Afrika en verwoord sy reiservaring met behulp van metafore uit die entomologie. Die resultaat is dat De plaag ‘n hibriede karakter vertoon wat versoenbaar is met die kriteria vir literêr-niefiksionele tekste. / This study attempts to explore the nature of literary nonfiction (the fourth genre). The existing tripartite classification system does not make adequate provision for texts where the borders between nonfiction and fiction are transcended. A marked increase in such texts therefore necessitates an expansion of the traditional genre categories to accommodate a fourth, namely that of literary nonfiction. De plaag: het stille knagen van schrijvers, termieten en Zuid-Afrika (2001) by David van Reybrouck will serve as point of departure to explore the genre of literary nonfiction. The said text documents Van Reybrouck’s investigation into the alleged plagiarism by Maeterlinck of Marais’ research on termites. Van Reybrouck’s travels expose him to the complexities of a post-apartheid South Africa, which he expresses by using metaphors derived from the field of entomology. The result of this process is that De plaag displays a
hybrid character which complies with the criteria for literary nonfiction. / Afrikaans and Theory of Literature / M.A. (Afrikaans)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/2704
Date06 1900
CreatorsMyburgh, Heilie Magdalena Magrieta
ContributorsLemmer, Erika
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Format1 online resource (v, 159 p.)

Page generated in 0.0026 seconds