Return to search

Die onontkombaarheid van die verlede (Afrikaans)

AFRIKAANS : In die studie word gepoog om aan te dui op watter ingrypende maniere die Afrikaner se problematiese verlede altyd weer opduik in die hede, en op watter maniere hierdie verlede die groei en ontwikkeling van ’n nuwe Suid-Afrikaanse identiteit kan verhinder, of andersins, hoe ’n grondige en bewuste Auseinandersetzung met die verlede kan lei tot beter begrip, nie alleenlik van die verlede nie, maar ook van die hede en (ideaalgesproke) van die toekoms. Daar word geredeneer word dat ’n proses van bewuste konfrontasie met die verlede noodsaaklik is vir die ontwikkeling van ’n lewensvatbare identiteit. Hierdie proses sluit in ’n bewuswording en ontleding van die houdings van skuld (ook kollektiewe skuld), verlies en melancholie jeens die verlede. ’n Belangrike newe-komponent van die verhandeling is om hierdie proses te koppel aan verhaaltegniese middele wat aangewend word in die bundel vertellings onder bespreking. Daar word gepoog om ’n noodwendige verband te lê tussen tematiek en narratiewe tegnieke. In die verhandeling word aandag gegee aan die temas van skuld en verlies in die verhale, asook die vele motiewe wat gekoppel kan word aan hierdie twee temas. Daar word ook aandag gegee aan verteltegnieke soos tydsvorme, assosiatiewe skryfwyse, vertellingstrant en die stem van die verteller, wat aangewend word om die konfrontasie met en houdings jeens die verlede uit te beeld. Daar word geargumenteer in die verhandeling dat die prosa in hierdie bundel as vertellings gereken moet word, eerder as kortverhale (of meer spesifiek, short stories), en wel omdat die temas en die verteltegnieke bymekaar aansluit met die oog op ’n spesifieke leserrespons wat ’n grondige konfrontasie met en bestekopname van die verlede behels. ENLISH : The study focuses on the inescapable presence of a problematic past in contemporary South Africa, and the ways in which this past prevents the development of a new South African identity. It argues that a fundamental reckoning with the past will lead to a better understanding of the present and the future, and is essential to the development of a viable South African identity. This process of reckoning with the past involves an awareness and analysis of attitudes towards the past, which includes guilt (also collective guilt), loss and melancholy. The process of Auseinandersetzung with the past is then linked to specific narrative techniques which are employed in the collection of short prose under discussion. It is argued that there exists a connection between theme and narrative technique. Narrative techniques under discussion include tense (past and present tense), associative writing, narration and voice. It is argued that the short prose in the collection under discussion should be defined as (oral) narratives (vertellings), rather than Short Stories. The reader response towards an (oral) narrative differs from the response towards a Short Story, and the difference is essential in the process of confrontation with the problematic past/history. Copyright / Dissertation (MA)--University of Pretoria, 2010. / Afrikaans / unrestricted

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:up/oai:repository.up.ac.za:2263/30561
Date22 February 2010
CreatorsKemp, Anna Francina
ContributorsProf H J Pieterse, afkemp@telkomsa.net
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Rights© 2009, University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.

Page generated in 0.0022 seconds