Return to search

Die bydrae van Unisa se Oorsese Musiekstudiebeurs vir Voordraers tot die ontwikkeling van musiek in Suid-Afrika

In hierdie studie word die invloed van Unisa se Oorsese Musiekstudiebeurs vir Voordraers op musiekontwikkeling in Suid-Afrika ondersoek. Ten einde hierdie doel te bereik, is twee navorsingsmetodes gevolg. Eerstens is ’n literatuurstudie gedoen. Daardeur is die loopbane van gevestigde en aspirerende uitvoerende kunstenaars ondersoek, die term ‘professionele musikus’ omskryf, die invloed van formele en informele musiekonderrig op jong musiekstudente bestudeer en ook die verhouding tussen ’n onderwys- en uitvoerende loopbaan bloot gelê. Tweedens is ’n vraelys aan al die beskikbare Unisa Oorsese Musiekstudiebeurswenners tussen 1970 en 2000 gestuur. Die doel van die vraelys was hoofsaaklik om inligting oor die persoonlike ervaring wat die persone in die steekproefgroep gedurende hul opleiding in die buiteland en daaropvolgende loopbane opgedoen het, in te win. Beide kwantitatiewe en kwalitatiewe data is deur die navorsingsmetodes bekom. Hoewel die responskoers redelik laag was, is waardevolle inligting ingewin oor die invloed wat Unisa se Oorsese Musiekstudiebeurs op die beurswenners gehad het. Die data het die hoedanighede van die beurswenners se loopbane asook die bydraes wat hulle in uitvoerende en onderwys kapasiteit lewer, aangedui. Die resultate het getoon dat die meerderheid beurswenners wel in Suid-Afrika gevestig is, terwyl die meeste van dié wat oorsee is, Suid-Afrika steeds besoek op ’n professionele basis. Die feit dat die meeste beurswenners suksesvolle musiekloopbane volg en ook meestal hoogs gekwalifiseer is, dui daarop dat Unisa se Oorsese Musiekstudiebeurs ’n integrale deel vorm van die ontwikkeling van Suid-Afrika se musiekbedryf. ENGLISH : This study examines the influence of Unisa’s Overseas Music Scholarship for Performers on the music development of South Africa. Two research methods were used to achieve this. Firstly, a literature study was conducted. This was done to obtain existing information regarding the careers of performing artists, define the term ‘professional musician’, study the influence of formal and informal music education on young music students as well as to uncover the relationship between teaching and performing careers. Secondly, a quesionnaire was sent to all available Unisa Overseas Music Scholarship winners between 1970 and 2000. The aim of the quesionnaire was to gain information regarding the winners’ personal experience of their education and careers. Quantitative and qualitative data was gained through this research method. Although the respons rate was low, valuable information was gathered regarding the influence that the Unisa Overseas Music Scholarship had on the scholarship winners. The data showed the capacity of the scholarship winners’ careers as well as the contribution they make in the performing and teaching environment. The results showed that more scholarship winners settled in South Africa, while many of those who settled overseas, still visit South Africa on a professional basis. The fact that most of the scholarship winners lead sucsessful music careers and are mostly highly qualified, indicates that Unisa’s Overseas Music Scholarship forms an integral part in the development of South Africa’s music industry. / Dissertation (MMus)--University of Pretoria, 2011. / Music / Unrestricted

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:up/oai:repository.up.ac.za:2263/30716
Date17 January 2012
CreatorsRottcher, Janette
ContributorsVan Wyk, Wessel, janette.rottcher@yahoo.com, Adams, Sean
PublisherUniversity of Pretoria
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Rights© 2011, University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria

Page generated in 0.0028 seconds