Return to search

Die verband tussen emosionele intelligensie en die akademiese prestasie van eerstejaarkoshuisstudente

Hierdie studie fokus op die moontlike verband tussen die emosionele intelligensie en
akademiese prestasie van eerstejaarkoshuisstudente aan die Universiteit van Pretoria.
Verder is bepaal of subgroepe van die eerstejaarkoshuispopulasie betekenisvolle
verskille ten opsigte van die komponente van emosionele intelligensie toon. Hierdie
studie kan van waarde wees ten opsigte van die mentorstelsel van die Studentevoorligtingsdepartement
aan die Universiteit van Pretoria. Die inligting verkry in hierdie
studie kan aangewend word om psigo-opleidingsprogramme en dienste van Studentevoorligting
so te rig ten einde akademiese uitsakking te verminder en studente in die
akademiese en sosiale aanpassingsproses op universiteitsvlak by te staan.
Verskillende teoriee van emosionele intelligensie word bespreek, met die fokus op
Reuven Bar-On se siening van emosionele intelligensie. Die komponente van emosionele
intelligensie word in detail bespreek. Die uitsakking van eerstejaarstudente,
faktore wat akademiese prestasie be"invloed, faktore uniek tot kultuurandersoortige
studente en faktore bepalend vir akademiese sukses word bespreek. Die verband
tussen akademiese sukses en die verskeie komponente van emosionele intelligensie
word aangedui. Die literatuur toon dan ook dat die 15 komponente van emosionele
intelligensie 'n bepalende invloed op akademiese prestasie het en akademiese sukses
betekenisvol be"invloed. 'n Opname-ontwerp is in die studie gebruik. Die finale steekproef het uit eerstejaarkoshuisstudente bestaan wat die Emotional Quotient Inventory (Bar-On,
1996c), 'n vraelys wat emosionele intelligensie en die komponente van emosionele
intelligensie meet, voltooi het. 'n Biografiese vraelys is ingesluit vir doeleindes van
steekproefbeskrywing. Die statistiese verwerkings van die resultate is deur middel
van variansie-analise en t-toetse gedoen. Verskeie statisties betekenisvolle
intergroepverskille is tussen die geslagsgroepe en taalgroepe aangedui. Alhoewel daar
nie 'n betekenisvolle verband tussen die saamgestelde emosionele intelligensie-skaal
en akademiese prestasie verkry is nie, toon die resultate verkry deur variansie-analise
en t-toetse vir die vergelyking van prestasiegroepe, dat die volgende subskale van die
EQ-i tussen goeie en swak presteerders onderskei en as voorspellers van akademiese
prestasie beskou kan word: selfaktualisering, realiteitstoetsing, strestoleransie,
optimisme, probleemoplossing en kwaliteit van lewe.
Hipotese 1, wat stel dat daar 'n verband tussen emosionele intelligensie en die
akademiese prestasie van eerstejaarkoshuisstudente bestaan, word verwerp. Hipotese
2, 3 en 4 wat stel dat beduidende verskille tussen verskillende geslags-, taal- en
prestasiegroepe verkry sal word ten opsigte van sommige van die emosionele
intelligensie-komponente, word aanvaar. Die resultate verkry in die studie kan gebruik
word ten einde dienste wat deur middel van die mentorstelsel van die
Studentevoorligtingsdepartement van die Universiteit van Pretoria aan
eerstejaarkoshuisstudente gebied word, te rig. / Dissertation (MA)--University of Pretoria, 1997. / gm2014 / Psychology / unrestricted

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:up/oai:repository.up.ac.za:2263/37303
Date January 1997
CreatorsSwart, Amanda Rene
ContributorsBotha, A.
PublisherUniversity of Pretoria
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Rights© 1997 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.

Page generated in 0.0144 seconds