Return to search

Onafhanklike waarborge en uitsonderings op die onafhanklikheidsbeginsel

In hierdie skripsie is op die belangrike kwessie van onafhanklike waarborge of
waarborge betaalbaar op eerste aanvraag (‘demand guarantees’) gefokus.
Onafhanklike waarborge speel ’n groot rol in internasionale handel en word dikwels
as die ‘lewensbloed van handel’ beskou. ’n Onafhanklike waarborg kan beskryf word
as ’n persoonlike sekuriteitsonderneming waaronder ’n bank die betaling van die
onafhanklike waarborg aan ’n begunstigde belowe, indien die prinsipaal nie sy
verpligtinge ingevolge die onderliggende kontrak nakom nie.
’n Fundamentele beginsel van onafhanklike waarborge is die
onafhanklikheidsbeginsel
(die ‘autonomy principle’ of ‘independence principle’). ’n Probleem wat dikwels in
regspraak voorkom ten opsigte van onafhanklike waarborge, is die vraag oor
wanneer ’n finansiële instelling aanspreeklikheid mag vermy, met ander woorde op
watter uitsonderings tot die onafhanklikheidsbeginsel die bank aanspraak kan maak.
Suid-Afrikaanse howe aanvaar dat die onafhanklikheidsbeginsel van onafhanklike
waarborge in sekere gevalle deur die bank (die borg) geïgnoreer mag word. Bedrog
is een so ‘n uitsondering en die uitsondering van onregmatigheid begin ook
aansienlik meer aandag geniet in die howe.
As navorsingsontwerp is die leerstukgebonde metodologie gebruik ten einde die
kwessies wat in die mini-verhandeling aan bod kom te ondersoek. Akademiese
artikels, wetgewing en regspraak is geraadpleeg en bespreek Daar is verder ook
vergelykend te werk gegaan deur die Engelse regspraak te betrek..
Gebaseer op die geraadpleegde bronne word daar tot die gevolgtrekking gekom dat
Suid-Afrika die streng benadering tot die bedroguitsondering tot die
onafhanklikheidsbeginsel volg. Die kwessie van die onregmatigheid van die
onderliggende kontrak moet egter nog baie aandag kry. Onregmatigheid as
uitsondering is nog in sy kinderskoene en daar is steeds baie onsekerheide ten
opsigte van die presiese toepassing daarvan, die tipes onregmatigheid en die
bewyslas wat vereis word. Tot dusver is daar geen regspraak in die Suid-Afrikaanse
reg aangaande hierdie kwessie nie. / Mini Dissertation (LLM)--University of Pretoria, 2017. / Mercantile Law / LLM / Unrestricted

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:up/oai:repository.up.ac.za:2263/65703
Date January 2017
CreatorsBosman, Liona Margit
ContributorsBrits, Reghard, liona.bosman@telkomsa.net
PublisherUniversity of Pretoria
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageEnglish
Detected LanguageUnknown
TypeMini Dissertation
Rights© 2018 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.

Page generated in 0.0022 seconds